Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
88 views

Storie-oggend met Martie Preller

Page 1 · 2
posts 1–20 of 23 newer >
superstar - founder
993 posts

Almal wat in en om die Kaap bly word herinner aan hierdie geleentheid! Gaan kyk op Martie se webwerf vir meer inligting, en maak 'n plan om Durbanville toe te gaan op 5 September.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
regular - member
90 posts

Enige kans dat ons Gautengers/sters per sateliet kan deel neem of iets?!
Of hoe lyk dit met 'n 'road show', Martie.

regular - member
121 posts

:) Kop. Ons kan hier op die web gesels! Ek is heeeel te oud vir roadshows :) Was 20 jaar daar boe - ek gaan nie sommer weer terug nie. Maar you never know!

__________________
Elke mens se lewe is 'n storie.
guest poster

ag Hemel ek voel Alweer soos 'n Recluse dalk moet ek mar Aardklop toe weer

regular - member
148 posts


Ek sou ook graag wou gaan. Na ons boekfees besef ek nou hoe lekker dit is om na skrywers te gaan luister. Baie geluk met jou twee boeke, Martie!

regular - member
121 posts

Dankie, Stephni! Wens ook julle kan hier wees.

__________________
Elke mens se lewe is 'n storie.
superstar - founder
993 posts

Bly jy in of om die Kaap? Onthou van hierdie!

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
regular - member
121 posts

Never say never ... hie hie. Nou het daar 'n interessante moontlikheid opgepop van storiemaakwerkswinkels in JHB. Nog nie finaal nie. Sal laat weet. Die lewe is 'n baie, baie vreemde plek ....

__________________
Elke mens se lewe is 'n storie.
regular - member
121 posts

Martie, alles wat lekker is vir more!
En laat weet my van die JHB storiemaakwerkswinkels.

regular - member
121 posts

Dankie Nadia! Sal laat weet. As dit gebeur sal albei boeke ingesluit wees in die prys - wat dit cool waarde van geld sal maak.

Dus moet dit nou eers gesorteer word. Dis die weirdste besigheid so 'n "bemarking" - dis amper asof dit 'n "lewendige" ding is want dit move so hiernatoe en dan weer daarnatoe. Ek gaan nou net met die flow! :) Ek gooi uit en kyk wat gebeur. Vreemde vreemde tye, maar baie interessant. Ek het basiese plannetjies ens gehad, maar alles is nou eintlik op ander spore. Dis amper soos 'n storie! Vreemd.

Jy sal so dag dalk baie geniet, maar die vet weet, jy KAN reeds skryf, vanselfsprekend. Maar anyway. Watever :) Ten minste sal ons kan gaan koffie. Dis net die sonder kar wees daar wat my so lam maak. Ek is van die soort wat ALLES SELF wil doen :) Oi. But we live and learn.

__________________
Elke mens se lewe is 'n storie.
novice - member
50 posts

Ek sal daar, by die boekbekendstelling wees. Ek mis dit vir niks!

__________________
En die dag het gekom dat die waagstuk om styf in 'n knop te bly meer pynlik was as die waagstuk om te blom - Anais Nin
regular - member
198 posts

Hi Martie.  Toe ek sien jy sê jou plannetjies loop soms hulle eie paaie - is dit nie wonderlik hoe dinge soms gebeur nie.  Jy sit en stress oor hoe om dinge te laat werk, en dan skielik gebeur daar net iets wat jou in 'n heeltemal ander rigting stuur met 'n beter oplossing as waaraan jy ooit kon dink.   Die Voorsienigheid is wonderlik.

regular - member
118 posts

O gaaf, Infinate! Jy moet jouself tog kom voorstel.

__________________
Annemari
regular - member
118 posts

Ek neem aan jou boeke het toe betyds van die drukkers af gekom? Geniet dit baie - ek wens ook ek kon daar wees.

__________________
Annemari
regular - member
121 posts

Nog nie ..... (en dis 4 uur ....) maar dis eers MORE Saterdag (angsaanvalletjie)

__________________
Elke mens se lewe is 'n storie.
regular - member
121 posts

Boeke is hier :) Angsaanvalletjies het gewyk. Lekker naweek waar julle ookal is!

__________________
Elke mens se lewe is 'n storie.
novice - member
50 posts

Poljonsie, ek is maar net die Kadys van voorheen. Weens vreemde omstandighede wat nou nie ter sprake is nie, het ek 'n naamsverandering ondergaan!

Hier volg my waarnemings van Martie se boek bekendstelling:
 

‘n Geleentheid wat katastrofies begin het maar goed geëindig het.


Vanoggend, sommer al met die wakkerword slag, besef ek die krag het so pas afgegaan.  Omdat dit toe nog sommer vroeg was, was dit baie maklik om op die ander sy om te draai en weer heerlik te slaap. Toe ek daar wakker word staan dit amper na verslaap se kant toe. Toe moes alles vinnig gebeur, iets wat sonder ‘n koppie boeretroos nie so maklik is nie. Vinnig deur die stort en met nat hare, is ek op pad.


So vind ek uit dat die grootste gedeelte van Durbanville kragteloos is. Ten spyte van laat slaap, is ek, soos gewoonlik té vroeg by my bestemming. Daar is toe ‘n man wat veronderstel is om homself met ‘n verwery besig te hou, geoordeel aan die verfpotte en lere rondom hom. Dié werk het hy verruil vir iets baie meer opwindend, hy word die self aangestelde informant. “Nei Madam/Master”, na gelang van die omstandighede “die plek is toe. Due to die electricity wat af is” Hy weet niks van ‘n boek bekendstelling nie.


Ek bel toe maar vir Maankind om Martie se selnommer te kry, ek dink dalk is daar iets anders gereël en ek sit dalk hier vir die hele oggend. Dis toe wat ek hoor dat Martie se selfoonbattery afgeloop is en natuurlik nie gelaai word nie. So wag ek maar, tot ‘n mooie jongman aangestap kom. Op die verwer se aankondiging wil hy weet wat dan van die boek bekendstelling en ek kry iemand wat dalk meer sal weet. Veral toe hy sê dat hy Martie se seun is. Net toe begin almal so stuk-stuk aankom.


Martie het haar glad nie laat afsit deur die deurmekaarspul nie en ‘n vrou wat ek eers bietjie later agtergekom het, Wilna Adriaanse is, kom van agter die gebou waar sy gaan probeer het om ‘n bibliotekaresse in die hande te kry. Die deur word vir ons oopgemaak en ons in. So ook ‘n hele aantal voornemende boek leners, wat uiteindelik die personeel se probleem geword het.


Almal het flink boeke gekoop, so asof hulle bang was die boeke gaan verdwyn wanneer die krag weer aankom. Daarna het Wilna vir Martie aan die woord gestel. Een en elk het aan haar lippe gehang, sy is ‘n baie interessante spreker. Totaal onopgesmuk en asof sy met elkeen persoonlik praat. Ek, vir een, het aan haar lippe gehang.


Ek is nie baie bekend met al die skrywers nie maar het wel agtergekom dat daar ‘n paar is. Marieta Nel van Lapa Uitgewers was ook daar. Iemand het vir Martie se dogter, ook Martie, gevra waarmee sy haarself besig hou, het sy geantwoord dat sy ook ‘so bietjie’ skryf. Toe ek hoor sy het al ‘n hele kinderreeks die lig laat sien, het ek maar met net een gepubliseerde bek, vêrder stil op my plek gesit want ek het besef dat ek hier tussen groot geeste was. Miskien iemand anders na vore kom en vir julle vertel wie al die skrywers is?


Ek is huis toe met twee kraak nuwe boeke wat WIL gelees word. Dankie Martie, dit was ‘n belewenis.

__________________
En die dag het gekom dat die waagstuk om styf in 'n knop te bly meer pynlik was as die waagstuk om te blom - Anais Nin
superstar - founder
993 posts

Infinate, jy laat my nou beter voel omdat ek nie daar kon wees nie, met jou lekker beskrywing.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
regular - member
121 posts

Wow - smile ek nou - watter wonderlike beskrywing! :) Dankie. Dis soooo lekker geskryf - nes dit gebeur het en jy dit beleef het - perfek gedoen - anderste en uniek, maar gee perfek die gebeure weer! Hie Hie Ja, sowaar. Kragteloos is ons toe. En die biblioteek 'n bastion waarin ons nie kan kom nie, maar darem in is. Ons skrywe is altyd op ons eie tyd - baie boeke, min boeke, nog nie boeke, wat ookal - dis ons elkeen se paaie. Saterdagoggend, tn spyte van watookal, was dit vir my baie lekker om mense te sien - te chat sommer net. So vinnig weer verby, maar dit was baie lekker vir my - ek hou van loslit - dit gebeur soos dit moet - situasies. Lewe gebeur mos maar en ons moet ons seile span na die wind en getye.

__________________
Elke mens se lewe is 'n storie.
regular - member
118 posts

Baie geluk, Martie - dit klink asof dit in elk geval 'n reuse sukses was. Ek het sommer geweet jy is nie 'n vrou wat jou gaan laat afsit deur iets soos 'n kragtekort nie.

Loslit werk ook vir my!  

__________________
Annemari
Page 1 · 2
posts 1–20 of 23 newer >

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now