Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
44 views

Versamelde Boesmanstories 1 - GR Von Welligh

Page 1
posts 1–6 of 6
regular - member
148 posts


Kop, het jy die artikel deur Leon Rosseau oor GR von Welligh se Versamelde Boesmanstories 1 gesien in vandag se Beeld? Von Welligh word met die Grimm broers vergelyk en sy eerste boek word nou weer uitgegee deur Protea. Dis baie interessant gaan kyk bietjie.

regular - member
90 posts

Haai Stephni, ja ek het dit ook gelees, nogal 'n interessante vergelyking - ek was nie bewus dat die Grimm broers hulle stories ook maar net opgeteken het nie.  Ek sal binnekort lees en dan meer vertel, gaan jy dit ook lees?

regular - member
148 posts


Ja ek wil dit baie graag in die hande kry. Wat vir my interessant was in wat Rosseau skryf is dat die Jakkals en Wolf stories eintlik Hottentotstories was. Ek en my broer (en seker baie ander kinders ook) het ure na ons Jakkals en Wolf plaat geluister so ek beskou dit as deel van my persoonlike mitologie (of persoonlike kanon, Maankind!). Dis seker 'n verdraaiing (hopelik maak ek dit wyer) van die woord mitologie maar kindertyd stories is vir my voor bewustheid en vormend. Dis vir my interessant om dit te kan terug volg na die oorspronklike bronne. Oor Rosseau se hoop dat al die vertellinge mettertyd uitgegee sal word, sou ek dink dat die uitgewer die eerste een as 'n toets van gewildheid sou gebruik. Ek hoop die boek word gekoop sodat ons al die stories kan kry.

regular - member
148 posts


Ek lees nou net die volgende in 'n inleiding wat Neil Gaiman geskryf het vir sy M is for Magic: "Stories you read when you are the right age never quite leave you. You may forget who wrote them or what the story was called. Sometimes you forget precisely what happened, but if a story touches you it will stay with you, haunting the places in your mind that you rarely ever visit."


regular - member
121 posts

Dis baie, baie mooi. Paar aanhalings van Ben Okri:

Moods are stories unspoken, condensed in the air, untold. Stories become moods and are moods unfurled, allowed to grow.

The transparencey of excellent stories: words dissolve words, and only things stand in their place.

In bad stories words cancel themselves out, and nothing is left. The words return to their source: they desert the page; only meaningless marks are left.

__________________
Elke mens se lewe is 'n storie.
regular - member
148 posts


Kop, het jy die boek al gekry en wat dink jy daarvan? Ek is amper klaar met Deel 1 wat handel oor die Mitologie en Legendes en is mal daaroor. Ek wil dit vir my oudste kind ook gee as ek klaar is - hy verslind tans alles wat hy oor mitologie kan kry. Wil ook noem dat die voorwoord deur Hennie Aucamp baie waarde tot die boek voeg. Hy verwys na allerhande interessanthede. Ek kan sien dat hy regtig moeite gedoen het om die onderwerp ordentlik na te vors.

Page 1
posts 1–6 of 6

Reply to: ‘Versamelde Boesmanstories 1 - GR Von Welligh’

Membership Required

You must be a member to post in this Forum

join now