Soos julle teen die tyd weet, ek lees nie eintlik Engelse boeke nie - nie oor ek nie kan nie, meer oor ek nie wil nie of liewer oor ek nie tyd en geld oor het na al die Afrikaanse boeke nie!
Ek het hierdie een ook nie gelees nie, maar hy bly my pad kruis. Eers het ek dit ook op die NB-books RSS-voer gesien, toe dit weer iewers op die internet raakgeloop. Gister het Derrich in sy program op RSG met die bedryfsielkundige Dr. Eugene Kemp gepraat en Dr. Kemp het 'n paar staaltjies uit die boek aangehaal. Dit klink regtig interessant, veral as mens lief is vir diere. Ek sal dit nogal graag lees as ek dit in die hande kan kry.
Vir meer inligting, kliek hier.
Jammer, iemand het myne uit die gastewoonstel gesteel anders kon jy dit kry!
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member