Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
38 views

My Sister/'s Keeper

Page 1
posts 1–2 of 2
regular - member
118 posts

Ek was lanklaas so teleurgesteld soos Sondag toe ons na die fliek “My Sister’s Keeper” gaan kyk het. Dis gebaseer op ʼn boek met dieselfde titel deur Jodi Piccoult.


Dit word beskryf as ʼn mega-tranetrekker. Ek wil nie graag die skokkende einde van die boek, of die fliek se einde, weggee nie, dus volstaan ek maar daarmee dat ek gekul voel. Ek het nie eers op die regte plekke gehuil waar ek veronderstel was om te huil nie, want ek weet mos hoe die boek eindig en ek laat my nie manipuleer nie. Dink ek toe in my stilligheid.


In eie reg is die fliek seker goed. Dit spreek ʼn interessante etiese vraagstuk aan. Maar dit lyk my ʼn skrywer het nie veel te sê oor die draaiboek wat op sy/haar  boek gegrond is nie. Ek sou bitter boos gewees het as ek Jodi was!





__________________
Annemari
superstar - founder
993 posts

Ek is so bly dat jy hieroor skryf, hy was nie op my kortlys nie, maar Leon van Nierop het ook die fliek 'n vreeslike swak resensie gegee. Maar ek vertrou jou oordeel en sal dit defnitief mis.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
Page 1
posts 1–2 of 2

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now