Die tyd vir woorde en wenners is net om die draai wanneer die jaarlikse ATKV-Woordveertjies, in samewerking met Sanlam, op Vrydag, 11 September by MolenVliet net buite Stellenbosch, aangebied word.
Tydens
hierdie prestigegeleentheid word uitsonderlike prestasie rondom die
Afrikaanse woord bekroon. ’n Uitgesoekte groep gaste sal by die
pragtige MolenVliet Landgoed getrakteer word met uitsoek spyse, pryse
en woordvermaak.
Die hoogtepunt van die aand sal die toekenning van die ATKV-Prosaprys asook die ATKV-Prestigetoekenning wees.
Finaliste (alfabeties gelys volgens van) in die volgende kategorieë, sluit in:
ATKV-Prosaprys
- Oulap se blou – Chris Barnard (Umuzi)
- Fees van die ongenooides – PG du Plessis (Tafelberg)
- 13 Uur – Deon Meyer (Human & Rousseau)
Prys vir Spanningslektuur
- 13 Uur – Deon Meyer (Human & Rousseau)
- Reuk van dood – Riana Mouton (LAPA Uitgewers)
- Snoeiskêr – Piet Steyn (Tafelberg)
Prys vir Liefdesroman
- Die boek van Ester – Wilna Adriaanse (Tafelberg)
- Langverlof - Annamari Coetser (Tafelberg)
- Die tuiskoms – Sophia Kapp (LAPA Uitgewers)
Prys vir Romanses
- Sewe beloftes – Marijke Greeff (LAPA Uitgewers)
- Om Ben lief te hê – Madelie Human (LAPA Uitgewers)
- ’n Sluier vir Shahira – Annelize Morgan (Tafelberg)
Prys vir Dramateks
- Maskermaan – Cecilia du Toit
- Die bannelinge – Bauke Snyman
- ’n Droë Junie vir Adam September – Chris Vorster
Wat die ATKV-Kinderboektoekennings en die Woordwystoekenning betref, is die wenners reeds bekend gemaak, en lyk so:
Voorleeskategorie: 3 – 6 jaar
- Skrywer: Jaco Jacobs (LAPA Uitgewers) – Liewe land, ’n olifant!
- Illustreerder: Maja Sereda (LAPA Uitgewers) – Liewe land, ’n olifant!
- Skrywer: Henry Ferreira (LAPA Uitgewers) – Cowboy Koekemoer van die Klein-Karoo (en sy getroue kameelperd, Shorty)
- Illustreerder: Alistair Ackermann (LAPA Uitgewers) – Cowboy Koekemoer van die Klein-Karoo (en sy getroue kameelperd, Shorty)
- Skrywer: Fanie Viljoen (Human & Rousseau) – Die geheime bestanddeel in Petra Pienk se piesangbrood
- Skrywer: Christie Nortjé (LAPA Uitgewers) - Spinnekopspeletjie
- Skrywer: Fanie Viljoen (Tafelberg) - Onderwêreld
Woordwystoekenning (Woordeboektoekenning)
-
- Verklarende opvoedkundewoordeboek/Teaching dictionary of education – Samesteller: Prof. Adriaan J. Smit
Wenners gisteraand aangewys:
ATKV-Prosaprys
- Fees van die ongenooides – PG du Plessis (Tafelberg)
Prys vir Spanningslektuur
- 13 Uur – Deon Meyer (Human & Rousseau)
Prys vir Liefdesroman
- Die boek van Ester – Wilna Adriaanse (Tafelberg)
Prys vir Romanses
- Om Ben lief te hê – Madelie Human (LAPA Uitgewers)
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member