Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
77 views

Naweek – Toast Coetzer (Tafelberg)

Page 1
posts 1–5 of 5
superstar - founder
993 posts

Sex & drugs & rock ’n roll . . . Toast Coetzer se prosadebuut sleep die leser deur die ekstase maar ook die verskriklike tuimelings van die rockwêreld. Sy novelle gaan spesifiek oor die dwelmgedrewe kreeftegang van ’n Afrikaanse rocker. ’n Kreeftegang is dit in meer as een opsig, want ook die verhaal word van agter na voor vertel. Dit begin met die doodsberig van die held, ene Le Roux (Maanhaar) Basson, en tree vir tree word die leser teruggevoer, word jy gedwing om agteruit te loop na daardie voorval wat Maanhaar se swanesang ingelui het. En agteruit loop, kom die leser dan agter, beteken ánders kyk, ánders ervaar, en as’t ware om uitgelewer word aan die verwronge logika wat dwelms en die aanbidding van skares meebring.

Toast Coetzer is die voorprater en liriekskrywer vir die groep The Buckfever Underground wie se albums deur min mense gekoop word, maar dié wat dit wel koop hou baie daarvan. Hy het een keer, jare gelede, die bass player van Skunk Anansie in ’n poolgame geklop. Hy is ook mede-redakteur van Ons Klyntji, die oudste Afrikaanse tydskrif in die heelal. Bedags werk hy as reisskrywer by WEG en Go! tydskrifte om vir die gelag (en die rekeninge) te betaal. Lees meer by: www.toastcoetzer.com en www.thebuckfeverunderground.com

Etienne Van Heerden
sê geluk aan sy Creative Writing MA-student Toast Coetzer en beveel hierdie boek sterk aan!

Bestel Naweek HIER van Kalahari.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
superstar - founder
993 posts

Toast Coetzer se pa raai aan dat sy seun se debuutroman met ‘n “donkerbril en bike helmet” gelees word. En Coetzer maan self “dis nie Harry Potter nie – dis ‘n waarskuwingsteken”. Coetzer het gisteraand by die bekendstelling van Naweek by die Book Lounge in Kaapstad gesê daar is geen helde in die roman nie, allermins die hoofkarakter, rock-ster Maanhaar Basson.
Coetzer het onlangs polimiek in By uitgelok toe hy oor die verkragtings wat dié hoofkarakter pleeg, gepraat het. “Niemand wat dit lees sal sê, ‘ons wil ook daarde dade pleeg’ nie,” het Coetzer gisteraand sy gebruik van dié tonele verduidelik. “Jy het eerder ‘n weerstand teen die karakters.”
Coetzer het vier jaar gelede die boek begin as deel van ‘n MA in Skeppende Skryfkunde aan die Universiteit van Kaapstad. Een van die invloede op die boek was die Waterkloof Vier. Coetzer het gewerk met die idee van iemand wat alles het en dink hy kan met enigiets wegkom.
Hy het ook met gegewens werk wat hy ken: Coetzer is die voorprater van die musiekgroep Buckfever Underground en kon dus oor die musiekbedryf skryf. Die mediawêreld van die roman is ook nie vir hom vreemd nie, want hy is joernalis by Weg!.
Coetzer moes baie aan die roman skaaf voor dit gepubliseer is. Hy het goeie leiding van die skrywer Etienne van Heerden gekry. “Jy kort iemand wat sê: ‘Hierdie 40 bladsye is useless. Fokus eerder op hierdie twee.’”
Die boek begin by die rock-ster se einde en loop agteruit. Op ‘n stadium was alles verkeerdom en het nie Coetzer óf Van Heerden meer geweet wat aangaan nie. Die storie het oorspronklik oor meer dae afgespeel en was twee of drie keer langer. “Die boek het ook multiple eindes gehad,” het hy gesê. “Amper soos ‘n Choose Your Own Adventure!”
Coetzer het vertel hoe sy pa gesê het: “So, hierdie is die donker kant. Nou soek ons die ligte kant, Toast”. Coetzer sál weer skryf, as dié besige joernalis/reisskrywer/musikant/fotograaf net die tyd kan kry.
(NB@book.co.za)


Bestel Naweek HIER van Kalahari.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
regular - member
90 posts

'n Mens wil amper sê as Etienne van Heerden sê dis goed, dan moet dit goed wees, maar aan die ander kant, hy het soort van 'n belang daarby dat dit "moet goed wees".

Verder kan ek nie sê bogenoemde 2 aanhalings inspireer my juis om die boek te lees nie, ek weet ook nie of ek sommer my ore wil uitleen aan iemand (Ronel S?) wat "polemiek" as "polimiek" spel nie!

Dalk moet ek maar eers wag tot Buckfever Underground se musiek op die radio begin kom en dan begin oordeel.  Of tot Toast sy ongebrande kant vir ons wys.  Intussen het ek gelukkig heelwat boeke om te lees!

regular - member
148 posts

Buckfever Underground gereeld op die radio sou beteken ons het baie interessanter radio as wat die werklikheid is! Ek gaan definitief hierdie boek lees. Die tema interesseer my nie noodwendig nie maar ek het 'n paar jaar gelede al Toast Coetzer se rubrieke oor sy tyd in Korea op litnet gelees. Dit was net die regte mengsel van fassinerend en persoonlik en ek wil baie graag sien hoe hy fiksie benader.

regular - member
90 posts

My vorige kommentaar was nie baie belangstellend nie.  Ek sien hy kom vanaand 20:30 op RSG Leeskring, miskien moet ek maar luister, dalk oordeel ek dan anders!

Page 1
posts 1–5 of 5

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now