Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
29 views

`n Blywende vreugde - Briewe van Audrey Blignault

Page 1
posts 1–1 of 1
superstar - founder
993 posts

Tot my skande kom ek nou eers daarby uit om hierdie boek te lees. Ek het voorheen net vlugtig daardeur gelees. Wat 'n absolute vreugdevolle ervaring. As ek nie van beter geweet het nie, sou mens kon dink dat die briewe versigtig geskryf is met die oog op so 'n bundel.

Wat 'n ongelooflike vrou was Audrey Blignaut nie. Ek het haar in die jare sestig as kind leer ken deur haar rubrieke in die Sarie Marais, en het al haar bundels gelees, maar ek het nooit besef dat sy 'n absolute kenner van wêreld-letterkunde was nie.

Alle eer aan die samestellers, Lynne Fourie en Marina Brink. Dit is baie kundig gedoen.

Enige leser hier met 'n ma, suster of 'n tannie, kan geen fout maak om hierdie boek as geskenk te koop nie. Dit is 'n kosbare boek, wat hoort op elke boekrak.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
Page 1
posts 1–1 of 1

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now