Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
98 views

Heildronk op ’n gypsyromp deur Nadia de Kock

Page 1
posts 1–6 of 6
superstar - founder
993 posts

Heildronk op ’n gypsyromp deur Nadia de Kock. Tafelberg (sagteband, 268 pp.).

Al hoe meer nuwe Afrikaanse chick-lit begin nou die lig sien. Nie almal ewe goed nie.
Tafelberg, lyk dit, belê veral deesdae in hierdie genre, natuurlik omdat dit ook die skryfstyl ter wêreld is waarvan daar tans die meeste boeke verkoop.
Ek weet nou nie of die Afrikaanse eweknie al heeltemal dieselfde impak gaan hê as sê nou maar die internasionale treffers van ’n Roberts, ’n Crusie of selfs Marian Keyes nie. Daarvoor skram ons skrywers nog te veel weg van ware gruwel en intense intimiteite. En die eindes is soms ongelukkig nog te soetsappig. Maar die belofte wink.
Nadia de Kock, skrywer van Heildronk op ’n gypsyromp, kan wel beslis skryf. Haar taal lees soos wat (die meeste van) ons praat.
Haar hoofkarakters is, met hul foute en tekortkominge, heel geloofwaardig – dalk juis as gevolg van die tekortkominge. Die bykarakters kom ongelukkig soms effe oordrewe voor, dalk meestal vir effek. Maar hoe ook al, dié een is vir lekkerlees.
Mieke le Roux is desperaat. Haar jong uitgewery is in die moeilikheid – en haar grootste teenstander, Vollenhoven en Verwey, staan gereed om haar beste skrywers af te vry. Boonop begaan haar ewig-rokende assis?tent die een fout na die ander met kontrakte, ISBN-nommers en onbeantwoorde e-posse. Op ’n boekbekendstelling van een van haar skrywers daag die einste Vollenhoven op.
En die dans van die flamink begin. Aan die een kant Markus, die aantreklike prokureur wat tussen haar en V&V staan, aan die ander kant haar jare lange vriend, Billy. En tussendeur is daar goeie vriendinne wat margaritas aandra en hopelose raad gee. Baie soos die gemiddelde dertigplus vrou in ons midde.
Net soos met die Nagtegaals se In limbo (en, trouens, enige chick-lit-boek wat sy genre wil waardig wees) is daar dus ’n oorvloed van drankies, vrytonele en liefdesdriehoeke.
Die pas is vinnig, chronologies en geloofbaar. Die leser kry heelwat insae in die boekuitgewery-bedryf – en soos in Marida Fitzpatrick se Iemand vir ’n scoop? word Media24 se produkte subtiel bemark.
Dit wil nie groot letterkunde wees nie en dit is ook nie. Dit is eenvoudig ’n lekkerlees-boek met heerlike, snipperige taalgebruik.
Goeie chick-lit soos ons dit in Afrikaans nodig het. Ideaal vir ’n Vrydagaand in die bad, voete op die krane en ’n glas wyn in die linkerhand.
(Ronel Nel in die Beeld)

Bestel HIER van Kalahari

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
superstar - founder
993 posts

Crito het Ronel Nel se resensie aangevat.  (Terloops, dis wat Crito op haar/sy blog doen - neem die resensente se werk onder die loep).


Nadia, ek hoop die publisiteit help om Heildronk op ’n gypsyromp onder almal se aandag te bring!


Bestel Heildronk op ’n gypsyromp HIER van Kalahari

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
regular - member
90 posts

Maankind ek het toevallig die dag nadat jy die resensie hier geplaas het, dit op Beeld se webwerf gelees.  Daar was 'n stukkie wat my gepla het en ek wou dit hier kom ophaal, maar toe ek hier kom en besef dis dieselfde resensie wat jy aangehaal het, en gedink het die boek gaan my nou nie juis aan nie het ek maar gelos.  Maar terwyl Ronel nou al lê, laat ek haar ook maar skop!  Wat my gepla het was die sinnetjie: Dit wil nie groot letterkunde wees nie en dit is ook nie.Dit klink te veel soos iets wat ek al iewers gehoor het.  Ek sou net gesê het "Dit probeer nie groot letterkunde wees nie", of selfs "Dit is nie groot letterkunde nie, net..."  Met daardie sin en miskien 'n paar ander probeer sy dalk te hard om resensietaal te praat.  Vir 'n boek soos die wat soos sy sê "eenvoudig 'n lekkerlees-boek" is, moet sy liewer gewone alledaagse taal gebruik.  Nietemin, wat van belang is dat sy skryf oor boeke, en die wat op die kantlyn sit maak nie foute nie.

Synde net vir vrouens met 'n glas wyn in die linkerhand en voete op die krane, wens ek Nadia baie goeie verkoopsyfers met die boek toe!

regular - member
121 posts

Dankie, Trisa en Kop.  Ek waardeer dit.

regular - member
121 posts

Vreemd dat mens voel jy moet se (kappie) wat dit NIE is nie. Dis so onhebbelik negatief en die res is heeltemal positief. Vreemd.

__________________
Elke mens se lewe is 'n storie.
superstar - founder
993 posts

Lea Smit skryf ook in die Huisgenoot:

Dis nie maklik om jonk en suksesvol te wees nie - veral in die uitgewersbedryf. Vianne Boeke is Mieke se droom, maar dit knor maar met haar hand vol moeilike skrywers, 'n bejaarderige sekretaresse wat basies doen wat sy wil en 'n gedugte teenstander in die boekbedryf.

Mieke leer meer van die sakewêreld as wat sy wou en ook van mooi prokureurs wat belangstelling verloor as hulle nie 'n meisie in die bed kry nie. Gelukkig is daar haar vriendin Ziggy wat goed is met margaritas maak, haar huismaat Helga wat genoeg gesonde verstand vir hul almal het en haar fotograaf-vriend Billy (wat op 'n dag sê hy sien nie meer om met haar vriende te wees nie . . . ).

Heildronk op 'n Gypsyromp val in die genre "chick-lit" wat min of meer saam met Bridget Jones' Dairy gebore is en deesdae wêreldwyd gewild is - 'n ligte lees oor die wêreld van moderne meisies.

Bestel Heildronk op ’n gypsyromp HIER van Kalahari

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
Page 1
posts 1–6 of 6

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now