Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
54 views

St Paulus Boekfees

Page 1
posts 1–6 of 6
regular - member
148 posts

Ons boekfees is op Saterdag, 1 Augustus vanaf 9:00 tot 15:00 by St Paulus Laerskool, Boekenhoutstraat 23, Brummeria, .

Ons program vir ons skrywershoekie by die boekfees vir Saterdag is soos volg:

  • 10:00-11:00 Boekbekendstelling van Louise Prinsloo se Gedaantes en Geraamtes. Louise gaan vertel waar sy haar storie idees kry en van haar boeke gaan weggegee word.
  • 11:00-12:00 Annemari Coetser gaan voorlees uit haar boek Langverlof (wat genomineer is vir die MNet Literêre Toekennigs in die film kategorie) asook 'n paar van haar kinderverse uit die Nuwe Kinderverseboek
  • 12:00-13:00 Nerine Ahlers en Alet Steenkamp gaan vertel hoe hulle Selfone, skelms en sjokolade en SMS'e, Skurke en Spinnekoppe woord vir woord saam geskryf het.
  • 13:00-14:00 Kom ontmoet vir Maritha Snyman van Reënboograntstories en Lekker lawwe lagboeke
  • 14:00-15:00 Dries Brunt verduidelik hoe om self te publiseer en gaan raad gee aan voornemende fiksie skrwyers.

Kom snuffel deur die boeke van uitgewers en winkels soos Lapa, Heinemann, Cambridge, Oxford, Penguin, Hedgehog, Tall Stories, eBooks, Audio Books en ander. Daar gaan ook tweedehandse boeke en Africana beskikbaar wees.


Ons het ‘n lekker dag beplan en hoop julle sal saam met ons die wintersonnetjie kom geniet:

  • Hollow Tree Kinder Teater bied kinder teater en storie tyd gratis aan
  • Pretoria Boy Scouts het 'n oorlewings/hindernisbaan wat ook gratis is
  • Kom doen ‘n paar eksperimente saam met Experilab en kyk hoe hulle vuurpyle skiet
  • Daar is ook gesigverf, sandkuns en handwerk
  • Teetuin, pannekoek, gluhwein en allerhande lekker dinge.  

Kaartjies by Computicket.





regular - member
148 posts


Ons bemark nou hard aan die fees maar ek wil julle sommer ook vertel wat hierdie week by die skool gebeur het omdat ek trots is op ons onderwysers en ma's en dink wat hulle doen is oulik. Daar is van die begin af besluit om hierdie week 'n hele boekweek te maak en om die kinders te wys dat lees lekker is. My gr 2 seuntjie moes elke dag boeke of iets saamneem en dan het hulle aktiwiteite rondom 'n tema aangebied. Die hele fondasiefase het min of meer dieselfde gedoen. Daar was 'n boekedag oor diere, 'n dag oor ander vorme van skryf soos hiërogliewe, rotstekeninge en braille. Gister moes hulle boeke oor die ruimte saamneem. Vandag is pajamadag vir die hele skool en kookboeke en resepte kry aandag en daar sal defnitief storietyd wees. More moet hulle aantrek soos 'n gunsteling karakter uit 'n boek en die boek saamneem!

Die ouer kinders (gr 4-7) se klastyd moet voortgaan maar ek weet die onderwysers het hul lesplanne aangepas met tema's wat die week by die skool voorkom. 'n Filmmaker het met hulle kom gesels en Louise Prinsloo het gister met die gr 4 & 5's gepraat oor haar nuwe boek. Die boek word Saterdag bekendgestel en my oudste het klaar besluit dis wat hy Saterdag koop. Daar is ook vandag twee vrouens wat die land vol toer met fietse om 'recycling' en skoon water te bevorder wat met die hele skool kom gesels. (Daar is twee baie entoesiatiese ma's wat met die hulp van 'n klomp ander besig is om 'n hele 'recycling village' te bou wat nou niks met boeke of die fees te doen het nie maar beide 'n oulike opvoedkundige area en skoolgemeenskapsdiens gaan wees. Recycling is groot by ons skool!)

More kom daar 85 fondasie fase kinders van St Gemma skool in Tembisa kuier. Elkeen van hierdie kinders gaan 'n kospakkie kry en sy eie boek wat hy kan huistoe neem. Elke kind gaan ook 'n boek buddy van ons skool kry wat die dag saam met hom gaan spandeer en hom gaan help met spesifieke aktiwiteite waarvoor die boek gebruik gaan word. Dinge soos 'wie kan eerste 'n ch klank in die boek kry'. Ek weet ek praat nou nie eintlik meer oor boeke met hierdie bydrae nie maar dis net vir my ongelooflik hoeveel 'n klomp mense kan doen wat bereid is om hulle tyd, idees en entoesiasme te gee.


superstar - founder
993 posts

Stephni, ek het gister jou fees weer op my blog gesit, en ek gaan sommer sonder om toestemming te vra hierdie ook daar opsit. Keer my betyds as jy nie wil nie, anders sit ek dit op.

Wat 'n wonderlike voorbeeld! Het julle hierdie vir die Beeld gegee? Maar dit bloei ook nou nie, so dis seker nie nuus nie...

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
regular - member
148 posts


Dis reg! Ons het verskeie publikasies gekontak oor die fees - party met meer sukses as ander. Ons het egter gefokus op Saterdag wat vir die publiek oop is en terwyl ons geweet het daar gaan 'n boekweek wees het die onderwysers met hulle deel voortgegaan en die ekstras is gereël sonder 'n groot lawaai. Ek het eers so einde laasweek agtergekom presies wat alles gaan gebeur! My jongste reken dit was die lekkerste week nog ooit by die skool. Ek dink die onderwysers is seker al gedaan want die kinders is almal so bietjie uit hulle velle.

superstar - founder
993 posts

Dis sulke tye wat ek die Kakkerlak en die Boeke-Insig mis. Stephni, hoekom skryf jy nie 'n lekker artikel daaroor en gee vir die Huisgenoot vir hulle Boeke bylae nie? Jy gaan 'n enorme mark tref en dis so 'n wonderlike voorbeeld!

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
regular - member
148 posts


Het nie daaraan gedink om so iets te doen nie maar dis dalk 'n goeie idee. Sal moet dink hoe om dit te benader.

Ek wil graag net noem wie ons borge was vir die St Gemma projek. Lapa uitgewers en eBooks het die kinderboeke geskenk en dit was nou regtig sommer vir liefde. Ek dink Lapa doen wonderlike werk met die oulike Afrikaanse kinderboeke wat hulle publiseer en die eBooks winkel in Lynnridge Mall is my gunsteling boekwinkel in Pretoria.









Page 1
posts 1–6 of 6

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now