KIRBY VAN DER MERWE vra ’n paar vrae aan Joan Hambidge in die By:
Waar is jy gebore en getoë?
Wat is jou beste kenmerk en indien jy kan, wat sal jy aan jouself verander?
Interessante vrou, ne. Ek stem nogal saam met haar oor "dom, geopinieerde mense"! Wat dink julle?
Om eerlik te wees, ek het nogal gewonder wat dan van slim, geopinieerde mense? Wie besluit wie is te dom, of andersom gestel, slim genoeg om 'n opinie te hê?
Ek sou graag wou sien dat almal hier eens is - op Boekemakranka is alle opinies welkom, solank dit relevant is tot die forum.
Ek dink nogal sy is iemand wat slim geopinieerde mense sal geniet met hul eienaardighede. Ek probeer om altyd te onthou dat slim en dom relatief is en daar altyd iemand slimmer en dommer sal wees. Behalwe natuurlik as ek radio luister. Na ons gister van die see af terug gery het kan ek eerlik wees as ek reken dat die dom geopinieerde mense waaroor sy dit het op verskeie plaaslike radiostasies is!
Wel ek dink dit is maar soos Stephni sê. Dinge is relatief. Ek dink wat die skrywer bedoel, is dat dit beter is om nie opinies te lewer as mens nie weet waarvan mens praat nie. Of so iets. Ek sal byvoorbeeld nie iets oor die skrywer se boeke kan sê nie, aangesien ek nog nooit een gelees het nie. Dis seker goed om 'n opinie te hê (soos mense op forums!), maar mens moet dit net deel as mens seker is van mens se saak.
Maar genoeg daaroor. Eerder boeke! As ek een van haar boeke moes lees, watter een sou julle voorstel?
Ek het nog nie een van Joan Hambidge se boeke gelees nie, dus kan ek nie regtig "oordeel" nie. Ek is nogal lus om Kladboek te lees.
Een ding wat ek in die lewe geleer het, is dat mense se denkprosesse verskillend werk. Ek dink dit verhoed sekere mense bv. om in te skakel by "normale" onderrigmetodes ens. Om dus iemand "dom" te noem omdat jy nie met hom of haar op dieselfde vlak kan kommunikeer nie, is dalk dom! Joan Hambidge is 'n baie slim mens, maar ek wonder of sy nie nogal een van die mense is wat dink iemand anders se opinie is dom, net omdat dit nie dieselfde as hare is nie.
Ek het eenkeer geskryf oor 'n versamelbundel (Om te onthou) van Barend. J. Toerien, waar ek 'n stukkie aangehaal het waarin Joan Hambidge hom aanvat: Kanttekening oor ‘n “duimnael-resensie” van Dolf van Niekerk se bundel en sê Verskoon
my vir die wals, maar die resensie deur Barend J. Toerien, self ‘n
digter, van Nag op ‘n Kaal Plein deur Dolf van Niekerk (”Dis ‘n Stil
Boek dié en ‘n Mooie”, 5 Februarie) is skokkend oppervlakkig
Ek het toe later hierdie fragment in Toerien se bundel gekry:
Uit: Clerihews
II
Ek hoor met konsternasie
van Dekonstruksie, Post-Modderasie
en weet dan dis maar net weer idge
van Hambidge
Hambidge laat haar stem gereeld hoor, veral op Litnet en in die koerante. Maar die vrou weet beslis waarvan sy praat. Sover ek kan sien, het sy 'n geveg met elke tweede persoon in die Afrikaanse literatuurwêreld aan die gang!!! Sy is egter baie skerp en haar kritiek is dikwels op peil. Ek onthou uit my jonger dae 'n resensie wat sy geskryf het oor Kolonnade van Lina Spies. (Ek is jammer, maar ek kon dit nie op die internet vind nie - ek is bietjie tegnologies gestrem!). Hambidge het sterk kritiek gelewer, maar wat sy gesê het was heeltemal geldig (ek dink).
Sy het ook al erken dat sy 'n vuurvreter is. Daarom lê sy so graag eiers - om debat te ontlok. Ek dink nie dat Hambidge dink ander se opinies is dom net omdat dit nie dieselfde as hare is nie. Ek dink sy weet net dikwels meer en beter (veral oor letterkunde, seker maar), en dit maak haar vies as mense ondeurdagtige dinge sê as 'n reaksie op iets wat sy gesê het. Ek sal haar nie wil aanvat nie ![]()
Maar terug by die boeke. Sy skryf poësie en prosa, so waar begin mens? Sy het al meer poësie geskryf, so dalk is dit 'n beter plek om te begin. Of hoe?
Ns. Hier's 'n interessante ding wat ek oor haar gevind het op Litnet.
Ek het die bundel 'Geslote Baan' in 1988 uitgegee ("die geslote baan van my lewe onderbreek jy ongevraag") wat ek geniet het maar ek vermoed sy het sterker bundels. Heelwat gedigte daarin geskryf terwyl sy reis of na 'n reis en ek onthou treine en 'n gevoel van beweging en veranderlikheid (en dit laat my nou wonder oor die titel en die betroubaarheid van my geheue). Ek lees graag haar opinies en resensies. Ek dink sy doen moeite daarmee en gebruik haar sterk akademiese kennis as grondslag en dit vind ek interessant.
Kop, die verwysings wat jy aanhaal is vir my baie gepas hier. Die fragment vertel vir my baie oor Toerien en laat my dink dat Hambidge se kritiek dalk meriete gehad het (sonder dat ek nou enige daarvan gelees het!). Ek dink die volgende aanhaling uit die bostaande onderhoud is ook toepaslik: "Of mense wat ’n stuk literatuurkritiek publiseer, aanvegbare opmerkings maak en dan ontstoke is wanneer dit kritiek of kommentaar uitlok. Genugtig, wees dankbaar iemand reageer en dit is ’n belangrike leerproses vir almal."
Sonder literêre teorieë en 'n sistematiese benadering tot bestudering van letterkunde is daar regtig geen plek vir literatuurstudie op universiteite nie. Die pogings om hierdie studies in 'n wetenskap te omskep mag gebrekkig wees maar daarsonder sal iets belangriks verlore gaan. Nie alle lesers stel belang in 'n akademiese analises van tekste nie en dit kan ek verstaan. Mense lees vir 'n wye verskeidenheid van redes. Wat ek nie verstaan nie is wanneer sy gekritiseer word op hierdie manier en eintlik is dit maar net omdat sy haar werk doen (of seker maar as gevolg van sy eie emosies). Dit lyk baie keer asof dit nie gaan oor hoe sy te werk gaan nie maar dat sy dit enigsins doen. En daarom kan ek verstaan dat sy van dom mense praat.
Ek het nog nie enige van haar prosa gelees nie Hondje. Ek het eers van haar geweet as digter so dis dalk hoekom ek eerste gevoel het ek is lus vir haar poësie. Ek lees nie baie sistematies nie en gaan maar net agter wat vir my lekker of interessant is.
Dankie Stephni, ek sal bietjie gaan kyk. Ek sal maar kyk of ek resensies kan opspoor. As ek reg onthou was daar onlangs 'n resensie van haar nuutste bundel in een van die Afrikaanse koerante.
Ek wil by jou aansluit: mense lees beslis vir verskillende redes. Ek persoonlik lees vir ontspanning, maar ook vir kennis. Wanneer ek 'n boek lees, gaan dit ook nie altyd vir my oor die "lessie" was mens daaruit leer nie - ek bedoel, sommige uitstekende boeke het geen morele lessie nie! Tog gebeur dit dikwels dat ons onsself oorskat. Ons dink omdat ons kan lees en goeie boeke kan waardeer, is ons ook kenners van die "letterkunde". Dit is lyk my iets wat sekere letterkundiges, soos Hambidge, baie ontstel. Mens baklei immers nie met breinsjirurge oor breinsjirurgie net omdat jy iets van die brein op skool in Biologie geleer het nie! Ek dink wel nie dat die bestudering van letterkunde op universiteitsvlak gebrekkig is nie. Ek dink dis net soveel 'n wetenskap soos enige ander studiegebied.
Maar dit is net my opinietjie. Ons moet maar versigtig wees - voor ons ons oë uitveë, sak die letterkundiges dalk soos valke op ons toe ![]()
Somtyds wens ek eerlikwaar Hambidge wil bietjie meer briewe skryf vir Litnet. Sy kan darem dinge vuur en vlam hou!
Sonja Verbeek ken ek nie. Die naam sit my skoon af.
Kladboek: baie nice.. laat my heel oorbluf.
Vuurwiel.. wonderlik.. werklik diep en vol gevoel. Hmm.
Slim vrou.
Vol kak.
Gaap.
A
nee eks mal oor joan hambidge.. in die skadu van machu pichu.. ek is heel bekoor deur haar voorlesings.. baie mooi .. haar gedigte is werklik ontroerend en pragtig ja..
ja-nee daar is mar een joan... ek wil nog al haar goedjies lees hm?
okay dankie vir die mooi blad ek lees lekker.
mens hou mar van sekere skrywers ja?
en anner gee jou die grils..
dis ook mar nes dit is.
Hondjie,
Ek dink ek het die resensie gekry waarvan jy praat: Glibberig soos 'n bok op linoleum, Beeld, 25 Januarie 1993. Ek dink ook ek weet nou waar Barend Toerien met sy "Post-Modderasie" vandaan kom. (Dit blyk dat hy die gediggie een of ander tyd tussen 1991 en 2001 geskryf het, 1993 is dus moontlik.) Joan Hambidge skryf daar "Verder is die skryfster hoegenaamd nie orals ewe ingelig oor
die subtiele verskuiwing tussen 'n strukturalistiese en poststrukturalistiese benadering nie." Miskien het Toerien ook nie so mooi gelees nie, wat sy haal eers vir Spies aan waar sy "poststrukturalisme" gebruik het, dus is dit Spies se "poststrukturalisme", nie hare nie. Sjoe, kan iemand by die "wrede woorde" vir ons gaan aanlas wat hierdie beteken?
Sy skryf verder: "Spies is net 'n adekwate close reader en wanneer sy buite die veilige bakens van 'n gedig op papier beweeg, raak sy so glibberig soos 'n bok op linoleum." Persoonlik sou ek "toereikende" i.p.v. adekwate gebruik het of sommer "adequate" gebruik het saam met "close reader" waarvoor daar klaarblyklik nie 'n Afrikaanse ewivalent is nie.
Maar o Griet, ek speel met vuur hierso, ek wil beslis nie met Joan swaarde kruis nie, laat ek julle liewer voorstel aan my broer se melkbok! Ek sien haar al op linoleum!

hehe jy het my oggend gemaak met Griet die melkbok - waarlik 'n pragtige bok
Dankie vir al die ander inligting. En ek stem saam oor adekwate. Ek sien op wikipedia is daar lang verduidelikings oor beide 'structuralism' en 'post-structuralism' maar ek dink ek gaan soet wees en eerder my werk doen vanoggend en dit vir later vandag los.
Dit is inderdaad die een, Kop. Dankie. Dit was lekker om dit weer na al hierdie jare te lees.
Aangaande "adekwate" vs. "toereikende". Toe ek nog geswot het (hoe lank terug voel dit nie nou nie!), het my een Afrikaans-taaldosent altyd gemaan dat mens nie te gou moet gil "anglisisme, anglisisme!" nie. As voorbeeld het hy verwys na "kapabel" vs. (of teenoor?) "bekwaam". Hulle beteken maar dieselfde, maar soms werk die een beter as die ander in 'n sekere konteks. Die woord "adekwaat" is nou wel van 'n Romaanse woord afgelei, maar dit maak dit hoegenaamd nie 'n swakker woord as "toereikend" nie. Die dosent het bygevoeg dat baie woorde wat dikwels na anglisismes lyk, woorde is wat Afrikaans uit Frans via Nederlands gekry het, en daardie selfde woord is ook dalk in Engels, omdat Engels ook eeue terug dieselfde woord uit Frans geleen het.
Hoewel ek al van Spies se poësie geniet het, stem ek ook met Hambidge saam. Kom ons hoop maar Spies was 'n bok vir sports (en goeie kritiek) ten tyde die verskyning van die bogenoemde resensie
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member