By se Bedkassieboek is hier! Altesame 55 van die gewildste artikels wat in 2007 en 2008 in By verskyn het, is op versoek van ons lesers in 'n bundel saamgevat. Daar is ook 'n paar nuwe stukke deur gereelde By-skrywers wat spesiaal vir die bundel geskryf is.
Max du Preez delf in die rugby-psige van die Afrikaner, Dana Snyman wonder hoe jy verskoning vir apartheid vra, Deon Maas verklap wat motors oor hul eienaars sê, Chris Chameleon se Mari strip haar dinges in 'n winkel vol Kers-inkopiejagters, Marida Fitzpatrick worstel met 'n oorweldigende gevoel van domheid, en Erns Grundling vlieg Skotland toe om te Hallelujah!
Allan Boesak maan oor die De la Rey-verskynsel, André P. Brink veg teen die rotte wat ons samelewing wegknaag, Kirby van der Merwe gooi jakkalsdraaie, Evita Bezuidenhout onthul hoe dit gebeur het dat FW de Klerk vir PW Botha opgevolg het, en Willemien Brümmer ontdek die genade in Pollsmoor-gevangenis.
Die Bedkassieboek is reeds by Kalahari en boekwinkels in die groter sentrums te koop en sal in die volgende week landwyd beskikbaar word.
Dit kos sowat R150 en word uitgegee deur Tafelberg.
Mense wat die Volksblad-kunstefees van 14 tot 19 Julie in Bloemfontein bywoon, kan die boek ook daar by die Boekekraal koop.
Gebruik hierdie skakel en koop By se Bedkassieboek HIER van Kalahari, teen slegs R120.
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member