Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
95 views

STILETTO deur Karin Eloff

Page 1
posts 1–2 of 2
rookie - member
1 posts

Verbeel ek my, of het ek nog nie 'n enkele woord oor hierdie opspraakwekkende boek op Boekemakranka gelees nie? Ek sal graag met ander lesers in gesprek wil tree oor hierdie boek. Ek het dit gelees en stem saam met Marida Fitzpatrick in Beeld dat dit 'n baie aangrypende verhaal is. Dit sal gaaf wees as Boekemakranka meer inligting oor die boek ook gee. Ek sien ook dis nommer 2 op Graffiti Boeke se topverkoperlys.

superstar - founder
993 posts

Willemina, ons berig graag oor enige nuwe boek, en ons luister graag na jou mening as jy die boek gelees het. Daar was soveel nuwe boeke die afgelope tyd, ek is nog nie eers halfpad deur Vrypas van Dot Serfontein nie. En ek verwerk nog Thula-thula.

Ek het nog net vlugtig deur Stiletto geblaai, en terwyl ek by 'sensasie' was in die rak by Exclusive, ook sommer deur Yolanda Barnard se Die ponies gallop, en Natasha Sutherland se Bittersoet. Net op sigwaarde, het Stiletto my die meeste beïndruk van die drie, bloot op skryfstyl, en die versorging van die boek. Haar insig en wysheid het my ook opgeval tydens onderhoude. My mening oor die boek self weerhou ek totdat ek dit gelees het.

Jy kan resensies gaan lees in Die Burger en in Beeld.

Daar is 'n uittreksel uit die boek op LitNet, en ook 'n gesprek met Melt Myburgh.

In Rapport is 'n gesprek met Jaco Botha, en Sondag berig ook daaroor.

Koop Stiletto HIER op Kalahari.

(En welkom, Willemina! Kom vertel ons asseblief wat jy lees, en waarom jy dit lees, en wat jy daarvan dink)



__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
Page 1
posts 1–2 of 2

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now