Dankie Hennie Aucamp! En dankie aan Rachelle. Want dis mos nou wat ek graag wil sien as ek oor 'n boek lees. Hierdie is die derde resensie wat ek lees van Danie Schreuder se boek, 'n Beter Hemel, maar dit is die eerste keer wat ek lus is om die boek te koop.
En hoekom? Suiwer omdat ek nou kan sien hoe die man skryf.
Hierdie bundel vertellings, sketse en verhale is kontreikuns op sy
beste. Dit spreek van 'n wysheid gevoed deur 'n baie intieme kennis van
en liefde vir 'n spesifieke stukkie aarde. Die mond wat hier vertel, is
een wat oorloop omdat die hart vol is, en die hart is vol van die klein
plekkie Koringberg en sy omtes.
Nadat ek Hennie Aucamp (hoe kan die man tog tot binne in jou hart in skryf!) se resensie gelees het, kom hierdie boek ook op my lysie. Dankie hiervoor, Maankind, anders het ek dit dalk skoon mis gelees!
Dit was juis my punt met hierdie skrywe, Kadys!
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member