'n Heerlike boek, en regtig een vir die bedkassie - omdat mens daarin kan rondpik - saamgestel uit die gewildste bydraes in By. Daar is ook nuwe artikels in. Die afdelings van die boek is: Beklangs, padlangs en orals; Wat die hart van vol is; Letterlik; 'n Mond vol; Bygese en Oor woorde en note. Bydraers sluit in Willemien Brummer, Kirby van der Merwe, Dana Snyman, Pieter-Dirk Uys, Marida Fitzpatrick, Max du Preez, Chris Chameleon, Andre P Brink, Hennie Aucamp, Lina Spies, Allan Boesak en Murry La Vita. Ek het pas Erns Grundling se "Hallelujah, meester Cohen" gelees (oor die skrywer se bywoning van 'n Leonard Cohen-konsert) en dit vreeslik geniet - 'n waardige eerbetoon aan 'n ongelooflike kunstenaar. Marida het 'n stuk oor die Mej Wereld-kompetisie in wat my hardop laat lag het, Kirby van der Merwe skryf oor "Oom Jakkie" - die geslepe jakkals en hoe boere op hulle jag. Ander interessante bydraes is 'n artikel oor Jan Bom (Marida), reisstukke deur Dana Snyman, 'n klomp oor die xenofobie wat ons land beleef het en Angus Buchan.
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member