Page
1
posts 1–1 of 1
+0
permalink
Splinternuut op die rakke!
Boheem – Chanette
Paul
Onskuld word nie maklik bewys nie – veral nie
’n tweede maal nie
Katrien Bresselaar is dalk voor die reg vrygespreek van die moord op haar man, maar niemand het haar onskuldig bevind nie. En as sy een keer die sneller kon trek en daarmee kon wegkom, sal sy nie skroom om weer te moor nie.
Nie dat Katrien, nou bekend as Kayla Cilliers, by Rose-Anne Lockwood se dood sou baat nie. Dié befaamde moordverhaalskrywer is juis haar mentor. Maar dis Kayla wat die lyk ontdek en dis haar vingerafdruk op die moordwapen.
’n Rustige hawe vir kunstenaars is Bohemia allermins. Onder die oppervlak sied dit – Judy met haar engele en die stemme van die Anderkant; Lente met haar harp, opgevreet deur jaloesie; Seth en sy Gesie, wat gesigte sien; Alwyn, sy muse kwyt; Hendrik en Leen, Justin en snobistiese Bonnie ... en Mitch Lockwood, wat alles bymekaar moet hou.
Op Bohemia het Rose-Anne haar met ’n klomp kreatiewe mankes omring en so ’n prutpot geskep wat een of ander tyd moes oorkook.
En Gys Niemand en Fortuintjie, Niemandsdorp se beste speurspan wat die skuldiges in Springgety en Fortuin aan die pen laat ry het, mag nie betrokke raak nie.
Vir meer inligting oor Chanette en haar boeke, gaan kyk op haar webwerf.
Lees eers SPRINGGETY en FORTUIN, voordat jy BOHEEM lees. Alhoewel elke boek op sy eie bene staan, is dit lekker om te sien hoe dieselfde karakters weer hulle verskynings maak!
Page
1
posts 1–1 of 1
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member