Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
195 views

Huisgenoot se boekeblad

Page 1 · 2
posts 1–20 of 35 newer >
regular - member
121 posts

Ek weet, ek weet, baie mense hou nie van die tydskrif nie, maar ek koop dit nou eenkeer 'n maand vir die boekeblad.
Hierdie maand is daar artikels oor o.a Hans du Plessier, Bettina Wyngaard (Troos vir die gebrokenes, 'n storie van die vrugepakkers van Pineview), Joan Hambidge (die vreeslose versmaker), Zuretha Roos (outeur van Die verdwyning van Mina Afrika) en resensies oor Harde Woorde (Bloemhof), 'n Engel in die hoenderhok (Gerda Taljaard), Die Portier, Gister is 'n ver land en ander.

superstar - founder
993 posts

Ek het self gedink hierdie een is soooo lekker om te lees. Huisgenoot, ek is trots op julle!

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
regular - member
121 posts

Ek sien nou eers my Freudiaanse glips:  dis Hans du Plessis, nie du Plessier nie.  :)  Ai! Waarna hunker ek wanneer ek by die werk sit en Forex?

regular - member
90 posts

Hallo Nadia,  ek het al twee keer die voorreg gehad om hom te ontmoet (nou nie so dat hy my sal onthou nie), hy is eintlik 'n plesier!
 

regular - member
198 posts

OK, julle het my oortuig.  Sal vandag weer die Huisgenoot gaan koop vir die boekeblad - sal darem ook 2 blokraaie kry om in te vul.

Het my Thula-Thula gekry en hy lê langs my bed.

Lekke dag vir amal

regular - member
121 posts

Dit kon ook dikker gewees het, maar ek dink vir R12.00 is dit nie sleg nie. Plus jy kry 'n klomp celebs foto's EN 'n artikel oor Joost :)    Die hemel help ons!

superstar - member
291 posts

Ek is nou bietjie dom hier. Is dit 'n boek losstaande van Huisgenoot, of ingesluit?

__________________
'Ek is, die Here hoor my 'n vry fokken vrou' Antjie Krog.
superstar - founder
993 posts

Dit is net 'n paar bladsye in die middel van die Huisgenoot, maar so dat jy dit kan uithaal en bêre as jy wil. Maar propvol lekker leesbare inligting.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
superstar - member
291 posts

Dankie, Maankind. Ek sal later vandag vir my een gaan koop.

__________________
'Ek is, die Here hoor my 'n vry fokken vrou' Antjie Krog.
regular - member
121 posts

Is dit nie hierdie week vir tyd vir daai Huisgenoot se boekeblad nie?  Het vanoggend gou in die kafee geblaai (sonder my bril) en kon niks sien nie.

regular - member
90 posts

Nadia hy lê hier langs my, ek het gou weer geblaai, met my bril, maar sien niks.  Ek glo nie, hy't omtrent 'n resessiedikte die week!

superstar - founder
993 posts

Ek het niks op die voorblad gesien nie, en toe nie gekoop nie. Ek sal bly wees as ek hoor of hy nog in is of nie.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
regular - member
198 posts

Het Vrydag in Bayside die Huisgenoot opgetel om te koop.  Gelukkig kyk ek eers, maar geen boekeblad nie.  Hulle het niks gesê nie - so ek wonner of dit nie nou stil-stil gaan verdwyn nie.  Miskien is dit te intellektueel vir Huisgenoot se redaksie en 99% van sy lesers.  Skies en weet ek is 'n b.....h, maar dis nie my week die nie.

regular - member
121 posts

Dankie, julle.  Ek dog dis die eerste week van elke maand?  Strange.  Anita, bel bietjie daar vir Esmare en kom agter die kap van die byl   :)

regular - member
198 posts

Nadia ek dink nie ek sal Esmare bel nie.  Ek het al so gebitch oor Huisgenoot dat as sy 'n brief of telefoonoproep van my kry, dagvaar sy my ook en ek kan nie 'n duur lawyer soos Steve H bekostig nie. Hahahaha Ons sal maar sien wat volgende week gebeur.

regular - member
121 posts

Goeie nuus!  Huisgenoot se "boeke-seksie" verskyn hierdie maand weer en dit is 'n goeie poging. Skrywersprofiele sluit in E.Kotze (Toring se baai), PG du Plessis (en Fees van die Ongenooides) en twee digters; Charl-Pierre Naude en Lina Spies.  Boeke wat bespreek word sluit in By se Bedkassieboek, Strooidak en Toring, van mense en my tyd (Izak de Villiers), Sonbrand en Braaiboud (Weg se reisbundel), 'n Beter Hemel (Danie Schreuder) en Die ooreenkoms (Sophia Kapp).

Knap, Huisgenoot.  Julle kan die tydskrif hierdie week dus maar aanskaf - en sommer kyk hoe mooi lyk Caster in haar glansryke uitrustings.

superstar - founder
993 posts

Skiet my, maar Huisgenoot se Boeke-seksie is vir my sommer baie lekker leesbaar, veel meer so as hierdie week se Rapport Boeke. Dié was bietjie bo my kop, omdat ek min weet van Nederlandse letterkunde.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
regular - member
121 posts

Trisa, hulle sal my ook maar moet skiet (wat 'n bloedbad!)   Ek waardeer die feit dat daar soveel aandag gegee word aan Suid-Arikaanse skrywers in Huisgenoot. 


regular - member
198 posts

Ek moet ook sê dat Huisgenoot my verras het met die kwaliteit van hulle boekbylaag.  Dit was die maand baie interessant - ten minste is daar nou een keer per maand iets interessants in Huisgenoot wat 'n mens kan lees (ek weet ek bitch nogsteeds), maar nou ja.

Stem saam Trisa, Rapport s'n was die maand hopeloos - ek dink nie daar is te veel mense in die land wat in Nederlandse letterkunde belangstel nie - seker net akademic en ek dag die boekebylaag is vir die gewone leser - maar 'n mens vat maar wat jy kry al is dit min.

regular - member
121 posts

As ek reg kan onthou het Rapport van die begin af gese dat hulle op wereldletterkunde ook gaan fokus.  Wat seker goed en reg is vir die fynproewers, akademici, verlooptes en literere snobs, maar ek voel tog dat daar honderde (duisende?) ander plekke is waar ek daaroor kan gaan lees (bv New York Times review of books se website).  Maaaaar nou jaaaaaa, ek wil nie so aanmekaar klaaaaa nie.  Ons vat wat ons kan kry, soos jy se, Anita.
 
 


Page 1 · 2
posts 1–20 of 35 newer >

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now