Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
31 views

Twee van Boekemakranka se lede - sy aan sy

Page 1
posts 1–4 of 4
superstar - founder
993 posts

Kyk net wat gewaar Boekemakranka se fotograaf by Estoril se Afrikaanse rak - Twee van ons lede se boeke sommer so bymekaar. Is dit nie oulik nie? En Heildronk op 'n gypsyromp ruik nog sommer na drukkersink. Baie geluk, Nadia, ek en ek is seker die hele Boekemakranka, is ongelooflik trots op jou!

Afrikaanse chick-lit in 'n nuwe baadjie deur 'n opwindende nuwe skrywer, Nadia de Kock. Desperate times call for desperate measures. Mieke le Roux se uitgewery, Vianne Boeke, is in die knyp. Met net ’n handvol skrywers op haar boeke kan sy nie bekostig om skrywers aan Vollenhoven en Verwey af te staan nie. Ook nie om foute met kontrakte te maak, verkeerde ISBN nommers te gebruik en e-posse te vergeet nie. En dit is maar net die begin van Mieke se probleme!

Want daar is ook ’n pers fluweel bank, Katolieke priester en Markus, die mooi prokureur wat druk op haar sit om hulle verhouding bed toe te vat.

Koop Heildronk op 'n gypsyromp hier van Kalahari.

Annemari Coetser se Oop Kaarte is welbekend, maar indien jy dit nog nie gelees het nie, bestel dit hier. Leandi bevind haarself in 'n liefdeservaring met 'n getroude man, met sy vrou se medewete. Dehlia, 'n weduwee, ontmoet mans op die Internet. Die twee vroue se paaie kruis en dit bring vir hulle albei nuwe insigte.


__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
regular - member
121 posts

Dankie, Trisa.
(Vrydagaand het 'n BAIE manlike man vir my gese hy gaan die boek lees.  Ek het protesteer, maar hy wil nie luister nie.  Nou hoe nou?)

superstar - founder
993 posts

Dalk verstaan hy die hart van vrouwees beter daarna?

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
regular - member
121 posts

Ek sal nie geld daarop verwed nie.

Page 1
posts 1–4 of 4

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now