Ag hoe lekker is dit om vandag Rapport se Boeke bylae te lees. Ek vind die artikels lekker gebalanseer - jy kan lees oor 'n dominee, en 'n 'hoer'. Daar is nuus oor 'n digbundel, oor 'n Ierse skrywer, plaaslike skrywers in Afrikaans en Engels. Daar is natuurlik veel meer!
Een ding wat ek mis wanneer hulle oor boeke skryf, is 'n kort uittreksel. Ek wil nie 'n boek koop op grond van die taalvernuf van die skrywer van die artikel of die resensent nie. Ek vind wel dat ek deur sommer net 'n paar paragrawe te lees, weet of ek aanklank by 'n skrywer se skryfstyl vind, of nie. Ek vermoed ek (en dalk meer mense?) sal dalk meermale geprikkel word om 'n boek te koop as daar net 'n kort uittreksel sou wees.
Moenie vergeet van Boekgoed nie - Die volgende 4 weke se boekgesprekke en -gebeurtenisse.
Ek stem met alles saam wat jy se, Trisa. Ek wens ook dit bylaag was dikker! (Maar ek is 'n boekvraat, sal nooit genoeg kan kry nie).
Ek wil net noem dat ek bly is om te sien daar weer bydraes oor interessante kinderboeke is. Ek hoop dat dit 'n instelling sal word.
Het pas die nuwe Rapport Boekeblad verslind - wat 'n heerlikheid. Stem saam, dit kan baie dikker wees. Ek mis tog maar die tydskrif-formaat. Die liaseer en bêre beter as die koerantbylaag - maar ek kla nie ek is net bly ons het nog iets soos 'n boekeblad.
My Thula Thula van A Botes is oppad sê Leserskring so ek sien baie daarna uit.
Hey Maankind, het ook The Dairy of Iris Vaughn (Truk Drama het dit destyds as 'n toneelstuk ook aangebied). Hier by die Robertson Museum is ook een of twee van haar boeke, maar het nog nie by die lees daarvan uitgekom nie.
My hart is ook seer oor Nickey van Schalkwyk. Ek glo almal wat lees het op die een of ander tydstip van hul lewe van haar boeke gelees. So gaan die grotes nou een na die ander.
Ons het 'n wonderlike bib hier op Robertson. Anita Claassen is die hoof daar en sy doen rerig moeite om goeie boeke te kry. Kan nie dink hoe 'n mens sonder 'n bib kan klaar kom nie - Jy kan nog - met baie moeite en verdriet - sonder Exclusive oorleef, maar sonder 'n bib - nooit!!!!
Wil nou eers brêk. Antoinette Diecdericks van my skryfburo hier ter plaatse is pas vir die tweede agtereenvolgende jaar aangewys as wenner van die Bloemfontein Skrywersvereniging se skryfkompetisie en die wat verlede Saterdag se By gelees het, sou gesien het dat sy derde gekom het in die Klein By se kompetsie vir jeugverhale. Om derde te kom in 'n kompetisie wat deur Jaco Jacobs gewen is, is 'n prestasie. Voel baie baie gelukkig oor die feit dat ek een mens se talent 'n hupstoot kon gee.
Is vreeeeslik nostalgies!. My een boet het vir my 'n kopie gemaak van Pink Floyd se The Wall en ek luister al die heel naweek daarna. Geniet dit so en kan om die dood nie verstaan hoekom die establishment destyds so gekant was daarteen nie - dis briljant. Van musiek gepraat, het pas 'n kort biografie oor Jon Bon Jovi gelees en is besig met een oor Andrew Lloyd Webber. Dis heerlik om die stories agter die musiek te lees. Dit gee sommer 'n heel nuwe beskouing.
Any way, 'n lekke week vi amal.
Oeee, ek sit gou skelm hier by die werk en skryf. Anita, baie geluk met Antoinette Diedericks se pretasie; ek is seker jy voel lekker. Dra ook my gelukwense asb ook aan haar oor.
Praat van nostalgies (die eintlike rede hoekom ek skelm inlog om te reageer): ek was gisteraand net so nostalgies en het lank op YouTube sit en videos kyk, o.a die einste Pink Floyd se Wish you were here. Ek het nooit gedink ek sal dit sommer se nie, maar hete, musiek is nie meer dieselfde as daai tyd nie! (Klink ek nou sommer oud en bitter). Dankietog vir YouTube. En, die nuwe RealPlayer-weergawe laat mens toe om die video maklik te download. Wat 'n plesier, jy bou jou eie videoteek en hoef nie aanmekaar die goed te download nie. (Goedkoop) en lekker.
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member