Ek het gisteroggend op die vroeë nuusbulletins van RSG gehoor dat die skrywer oorlede is. Ongelukkig kan ek nêrens aanlyn 'n berig daaroor opspoor nie, dus hoop ek ek het die feite korrek. En dink hulle het gesê sy was 84. Sy het onlangs geval, 'n breinoperasie ondergaan en nie weer haar bewussyn herwin nie.
Vir my is sy maar net 'n naam, so ver ek weet het sy liefdesverhale (boekklub tipe boeke) geskryf. Waar ek kind was, was leesstof maar skaars en ek het alles verslind wat ek in die hande kon kry. Dit is dus nie heeltemal onmoontlik dat ek wel 'n boek van haar gelees het nie.
Miskien is daar iemand wat meer weet wat 'n blad op WikiPedia oor haar kan begin.
Ons het juis gister daaroor geskryf, Kop.
http://leeskring.lefora.com/2009/07/04/nickey-van-schalkwyk/page1/
Lees daaroor hier.
Lees ook reaksie van mense daaroorop my blog.
Jammer, ek het nie gesien julle het klaar daaroor gepraat nie! Dis jammer dat as mens "See more" kliek by "Nuwe bydraes", die bydraes dan volledig gewys word en nie net meer opskrifte nie, dan raak dit darem baie moeite om te sien wat gister gesels is.
Wat bedoel jy 'jammer', Kop? Wat 'n vreugdevolle dag is dit vir my as daar soveel nuwe bydraes binne so 'n kort periode is dat mens nie gister se bydraes sommer net so met een oogopslag kan sien nie. Gaan voort, en skryf eerder twee maal van dieselfde ding as glad nie!
Good day
I am the grand daughter of Nickey van Schalkwyk. She passed away on friday everning and thankfully sh is no longer suffering.
My grandmother had a brilliant mind and wrote well over 120 books of which we only have a few. Its a pitty that people are only given the praise they deserve once they are gone.
I thank you for keeping her name alive.
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member