Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
43 views

Nickey van Schalkwyk

Page 1
posts 1–3 of 3
superstar - founder
993 posts

Wie van ons geslag vrouens het nie Nickey van Schalkwyk se liefdesverhale in die dorpsbiblioteek uitgeneem nie? Doer in die laat 60's vroeë 70's?

Nickey van Schalkwyk is verlede nag oorlede. Saam met 'n geslag liefdesverhaal skrywers soos Toek Blignaut en Tryna du Toit wat ons idees oor wat liefde help slyp het, in sy nou aan die Oorkant besig om terug te kyk na die rimpelings op die dam wat sy agtergelaat het.

Geen grroot letterkunde nie - maar tóg. Is ons liefde vir lees nie maar daar vasgelê nie?

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
regular - member
121 posts

Ek moet erken ek het nooit liefdesverhale gelees nie, Trisa.  Ek het van die Famous Five tot by Konsalik gespring.  Ek onthou nog die dae van die Reisende Biblioteek, waar ek al hierdie wonderlike boeke uitgeneem het.  Die bus het eenkeer 'n week vir 'n uur voor die Griek se kafee kom parkeer.  Die gangetjie was nou en daar was, sover ek kan onthou, nie sagteband-boeke te leen nie.

Ek het, diep onder die indruk van die feit dat ons in 'n resessie is en ek moet bespaar, 'n maand gelede hier by Linden se biblioteek gaan aansluit.  Ek is redelik beindruk met hulle aanbod van Afrikaanse boeke.  Maar ai, ek was intussen weer by Exclusive Books;  ek hou van 'n nuwe boek, een wat lekker ruik en waarvan die bladsye nog kraakvars is. Ek gril vir 'n gedroogde mot in 'n boek.  (My ma se my nou die dag hoe die "oumense" regstellings aanbring in die boeke wat sy daar uitneem  :)  ).


regular - member
148 posts


Ek gaan op die oomblik ook weer gereeld biblioteek toe. Noudat ek 'n vaste dag en tyd het is my boetes ook minder :) Het die laaste tyd baie boeke daar gekry wat uit druk is of boeke waarvan ek al vergeet het. Ek lees op die oomblik vir my kinders 'n Afrikaans vertaalde Koning van Katoren. Dit was 'n voorgeskrewe boek vir ons in st. 7 maar in Nederlands. Dis 'n lekker boek vir voorlees omdat dit bietjie soos 'n sprokie is en ek sou nooit daaraan gedink het om dit vir hulle te lees as ek dit nie toevallig daar gesien het nie. Die taal in die vertaling wat ek lees is heerlik (of vreeslik - ek kan nie besluit nie) outyds en my gunsteling vergelyking sover is "Stach is teen hierdie tyd so bekend in Katoren, dat selfs 'n baie deftige man soos die bestuurder van die hotel Draketand voor hom buig soos 'n knipmes."


Page 1
posts 1–3 of 3

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now