Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
58 views

Chris Barnard vereer by Innibos-fees

Page 1
posts 1–1 of 1
superstar - founder
993 posts

Nelspruit. – Die bekroonde skrywer Chris Barnard kan nou ’n oorkonde van die Innibos-fees by sy lang rits toekennings voeg.

Die 70-jarige Barnard, wat weens ’n rugoperasie op krukke is, het gisteraand ’n spesiale oorkonde van mnr. Andy Lubbe, feesbestuurder, ontvang.

’n Huldeblyk, Kriskras met Chris Barnard, is by die Fleur de Lis-restaurant by die Hoërskool Nelspruit gehou.

Verskeie bekendes soos Neil Sandilands, Milan Murray, Lizz Meiring, Albert Maritz en Richard van der Westhuizen het die geleentheid bygewoon.

Barnard, ’n neuteboer in Mpumalanga wat met die rolprentmaker Katinka Heyns getroud is, is ’n feesdireksielid.
As deel van die program het die akteur Paul Eilers ’n huldeblyk gelewer, terwyl die sangeres en aktrise Illse Roos van sy lirieke gesing het.
Heyns het ’n oorsig oor sy lewe gegee.
Altesame 29 publikasies is deur Barnard geskryf.

Verskeie romans, novelles, jeugromans, dramas en hoorspele, TV-reekse, TV-enkeldramas, dokumentêre en rolprentdraaiboeke het uit sy pen gevloei.

Die 70-jarige skrywer, wat in Nelspruit gebore is, het die Hertzog-prys twee keer en die CNA-prys drie keer gewen.

Pa maak vir my ’n vlieër, Pa en Die rebellie van Lafras Verwey is enkele van sy bekende dramas.
Hy het die draaiboek vir die rolprent Fiela se kind verwerk en die draaiboeke vir Die storie van Klara Viljee en Paljas geskryf.

Barnard het ook die TV-reekse Simon en Sandra, Onder draai die duiwel rond en Amalia I en II, geskryf.

Sy drama Taraboemdery was een van die vlagskipproduksies op vanjaar se fees. Murray, Sandilands en Van der Westhuizen speel in dié toneelstuk, terwyl Maritz die regisseur is.
Oor die oorkonde het Barnard gesê: “Uit die aard van die saak is ’n mens mos maar dankbaar en bly."

(Sanri van Wyk)

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
Page 1
posts 1–1 of 1

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now