Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
29 views

SPUD - LEARNING TO FLY John van de Ruit

Page 1
posts 1–3 of 3
superstar - founder
993 posts

Dit wil soms voorkom asof Suid-Afrikaners in twee groepe verdeel kan word: Diegene wat wel al Spud gelees het, en diegene wat nog beplan om dit te doen.

Met sy eerste aflewering van die ervaringe van die skoolseun John “Spud” Milton het die skrywer John van de Ruit dit reggekry om selfs nieboekmense sy boek te laat verslind. Die daaropvolgende Spud X The Madness Continues, het ook uitstekend verkoop en was net so leesbaar, hoewel effens minder komies.

In Learning to Fly is die tiener Spud “bykans in alle opsigte ’n man” en terug in die koshuis saam met die oorblywende lede van die Crazy Eight. Dit voorspel om ’n rustiger jaar te wees. Spud en sy makkers is besig om groot te word en dus minder geneig tot die soort eskapades wat in die verlede vir soveel malle pret gesorg het.


Selfs in die Milton-woning is sake minder chaoties. Sommige dinge verander egter nie: ouma Wombat is steeds so mal soos ’n haas, en die rare Vern leef in ’n vreemde wêreld van sy eie.

Vir Spud self word dit ’n jaar van uit die moeilikheid bly, ’n bietjie terugtrek en peins oor die lewe en sy toekoms. Groot opwinding heers oor die nuwe toneelstuk – hierdie keer is dit Shakespeare se A Midsummer Night’s Dream, wat boonop aangepak word saam met ’n meisieskool.

Diegene opsoek na nog ’n histeriese, holderstebolder skarrel deur die skooljaar sal waarskynlik teleurgesteld wees met Spud se derde (redelik onbewoë) aflewering. Nes die karakter, is die skryfstyl besig om volwassenheid te bereik, wat beteken daar is minder piesangskil­oom­blikke en meer vleis aan die karakters.

Van De Ruit speel sy kaarte slim. Daar is ’n hele paar vrae wat nog in die toekoms beantwoord moet word, veral die kwessie van Spud se teater-drome. Die boek gaan jou weliswaar nie so gereeld laat uitbars van die lag nie, maar ’n mens kan nie help om steeds van ou Spuddy – en sy outeur se aangename skryfstyl – te hou nie. Genoeg rede om wéér weldra in die ry te staan vir die volgende avontuur.

(Jeanne Calitz in die Burger)

Bestel Die boek HIER van Kalahari teen slegs R96.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
guest poster

Ek kan met liefde nie insien dat iemand nie 'Spud' geniet nie, ek het my gekraak vir die boeke, beide 1 en 2. My broer lees nou 3 en hy sê dis net so goed. Ek kan ook nie sê dat dit nie juis by vrouens aanklank vind nie, want my ma het dit net so geniet. Jy moet Spud lees vir die plesier daarvan, nie om hogere literatuur te pleeg nie.
 
300 000 Suid-Afrikaners kan nie verkeerd wees nie - dis by verre die boek wat weer lewe in die SA'se boekebedryf geblaas het. Dit het skrywers, lesers en uitgewers weer moed gegee. Sonder 'Spud' sou julle hope ander boeke wat vandag in druk verskyn, nie gesien het nie.

superstar - member
291 posts

Hoekom ek nog geen van die Spud's gelees het nie, weet ek nie. Maa, ek gaan vir seker nog by hulle uitkom.

__________________
'Ek is, die Here hoor my 'n vry fokken vrou' Antjie Krog.
Page 1
posts 1–3 of 3

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now