Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
55 views

St Paulus Boekfees

Page 1
posts 1–6 of 6
regular - member
137 posts


My kinders is in St Paulus Laerskool in Brummeria, Pretoria en aan die einde van Julie hou ons 'n Boekfees. Ek wil julle almal baie hartlik uitnooi om te kom kyk en kuier. Dit gaan op 31 Julie en 1 Augustus wees met die publieke aktiwiteite op die Saterdag. Ons beoog om skrywers, publiseerders en boekwinkels daar te hê. Vir die kinders gaan daar ook kinderteater, storietyd en sandkuns wees en Pretoria Boy Scouts gaan 'n 'Ultimate Survival' aanbied. Daar gaan ook 'n coffee lounge en wyn tent met musiek wees. Kaartjies ook by Computicket beskikbaar. Sodra ek 'n program het met spesifieke gebeurtenisse sal ek dit hier opsit maar ek wou julle solank laat weet sodat julle die 1ste Augustus kan oop hou.

Ek wil dan ook spesifiek al die skrywers en ander boekmense wat hier is uitnooi om te kom deelneem. Veral vir die van julle wat self publiseer kan dit lekker blootstelling wees - ons gaan 'n uitstal ruimte vol tafels in die saal hê en dit sal lekker wees om julle daar te hê. Ons is oop vir ander lekker boek voorstelle ook. Kontak my deur die boodskap fasiliteit op die forum dan stuur ek my epos adres (ek wil dit nie op die blad sit nie; ek is allergies vir Spam).


superstar - founder
972 posts

Stephni, ek het my blog heropen, en hierdie sommer daar ook opgesit, as dit reg is met jou. Daar gaan niks anders as boeksake gesels word nie.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
regular - member
137 posts


Ja baie dankie dis gaaf van jou. Ek wou jou eintlik mooi vra om dit te doen maar sien toe jou blog is toe :)

regular - member
196 posts

Nee man Stephi dis nie fair nie.  Hoe gaan ek nou by julle boekfees uitkom as ek hier onner inni Kaap sit.  Lyk my dis my lot in 2009 - ek loop al die boekfeeste mis.  Kon ook nie by die Kaapse boekfees uitkom nie Grrrrrrr dit maak my sommer knorrig.

Wat Leonie van Rensburg van Graffiti betref - ek ken haar al baie jare - vanaf die dae toe sy nog by Exclusive in Sunnypark gewerk het.  Ek het in Bloemfontein saam met haar gewerk by Fascination Books.  Sy is nie net een van die niceste mense in die bedryf nie, maar haar liefde en passie vir boeke is legendaries.

regular - member
137 posts


Aggenee - ek het half gedink jy is in Gauteng

regular - member
121 posts

Stephni, my vriend Dries Brunt het nou al sy derde/vierde boek self gepubliseer.  Die nuutste is 'n ware verhaal oor 'n dokter wat in die 2de WO hier in Johannesburg aborsies gedoen het, blykbaar vir 'n bekende se minnares ook. 

Ek het Dries van hierdie geleentheid laat weet en hy stel baie belang om deel te neem.  Kan jy asb vir my 'n epos by nadiadk@polka.co.za stuur sodat ek hom met jou in verbinding kan laat tree?  Of jy kan jou foonnommer dalk hier publiseer, dan stuur ek dit vir hom.

Baie dankie

Page 1
posts 1–6 of 6

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now