Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
29 views

Loftus Marais

Page 1
posts 1–7 of 7
rookie - member
3 posts

Kan iemand asb vir my se waar ek Loftus Marais se dibundel "Staan oor die algemeen nader aan vensters" kan koop. Ek het al orals gesoek en die boek is ook nie beskikdaar op die Kalahari of Exclusive Books webwerwe nie. Jan.

regular - member
148 posts


Ek het dit by die boekwinkel in Lynnridge Mall, Pretoria (ek dink dis eBooks of so iets) gekoop maar hulle het dit vir my bestel en ek moes meer as drie weke daarvoor wag. Daar was glo een of ander verspreidingsprobleem. Ek het vir hulle genoem dat hulle dalk maar nog 'n paar moet kry maar weet nie of hulle het nie. Dit is absoluut die moeite werd om te wag vir hierdie boek as jy moet. Ek lees nou al seker 'n maand daaraan en dis wonderlik ryk en bevredigend. Dis deur Tafelberg uitgegee - miskien kan jy sommer direk by hulle uitvind hoekom dit nie makliker te kry is nie.

Kyk hierdie oulike video op youtube waar Marlene van Niekerk die bundel bekendstel!

rookie - member
3 posts

Dankie Stephni. Het nou net die boek gekry by Graffiti Boeke en hulle het een oor wat nou myne gaan word. Ek was so verbaas oor hulle webwerf. So baie Afrikaanse boeke en die webwerf so vinnig. Ek het geweet van hulle winkel in Kolondae sentrum, maar nie geweet hulle posdiens is so effektief nie. Groete Jan.

regular - member
148 posts


Ek sal bietjie kyk ek ken hulle glad nie!

regular - member
121 posts

Leonie van Rensburg is aan stuur van sake daar by Graffiti.  Sy het 'n passie vir boeke en ek is nie verbaas dat hulle diens so voortreflik is nie.  Daar is 'n link na hulle website regs op die skerm (net bo "Wie lees saam?")

superstar - founder
993 posts

Stephni, dis absoluut die moeite werd om Graffitti meer intiem te leer ken. Volg gerus die skakel. Vir almal in Pretoria, dis sy wat al die lekker boekpraatjies en Boek & Koek en dinge by die boekwinkel in die Kollonade reël. Sy doen geweldige moeite om skrywers daar te kry om hulle boeke te bemark, Pretorianers kan haar gerus daar ondersteun.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
regular - member
90 posts

Jan, jy kan by Boekehuis probeer, ek het myne daar gekry met die voorlesing, toe was daar baie voorraad.  Dis in Melville, meer na Aucklandpark se kant toe, net agter Campus Square.
Ek het dit klaar gelees en wil nog 'n paar gedagtes daaroor wissel, sodra ek terug by die huis is.

Page 1
posts 1–7 of 7

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now