Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
37 views

Die Spud fenomeen

Page 1
posts 1–10 of 10
superstar - founder
993 posts

Op Facebook skryf Fanie Viljoen:

Fanie Viljoen Het die nuwe Spud gelees - hmmm . . . was nogal teleurgesteld


Ek moet bieg, ek was al teleurgesteld in die eerste Spud, na 50 bladsye nie geweet wat mense daarin sien nie, en die boek weggegee.


As ek vinnig moet raai, gaan die helfte van Boekemakranka-lede dit geniet, en die ander helfte nie. Wat van 'n vinnige opname? Om te Spud of nie.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
regular - member
121 posts

Dankietog ek is nie alleen nie.  Ek het ook die eerste een gelees en was nie te beindruk nie.  Dink ek is deur Adrian Mole bederf.  (Dit was vir my skreeusnaaks.)


regular - member
148 posts


Ek het ook nie van die eerste een gehou nie (het dit ook nie klaar gelees nie) en my broer nogal teleurgestel met my opinie. Dan weer, ek het ook nie van Adrian Mole gehou nie so ek dink nie dis my tipe humor nie.

superstar - founder
993 posts

O jitte Stephni,. toe Nadia praat van Adrian Mole het ek nie geweet waarvan sy praat maar, maar saggies stil gebly. Nou jy ook... Lyk my ek het werk... Maar 'humoristiese' skryfwerk laat my gewoonlik koud.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
regular - member
198 posts

Nee wat mense, het julle nie 'n humorsin nie.  Ek is mal oor Spud en kan nie wag om my greedy hande om die nuwe een te slaan nie.  Ek dink dit is skreeusnaaks - maar nou ja, ek het drie broers en miskien kyk ek uit 'n ander oorgpunt daaruit.

Ek sal dit nie beskou as beter as Adrian Mole nie - dit is steeds bo aan my lys.  Spud het my juis genoop om my Moles uit die rak te pak en af te stof sodat ek dit weer kan lees.

Ek ken 'n paar siele wat ek deur die jare ontmoet het, wat sprekende voorbeelde van Adrian Mole was en steeds is, en met Spud kon ek ook 'n paar skoolvrinne en nerds se gesigte by die karakter plak - toe was dit nog snaakser.

Ek het gister die nuwe Leserskringbrosjure gekry en ek sien Annelie Botes se Thula is daarin.  Het dadelik ge-sms vir 'n kopie.

Lekke dag vi amal

regular - member
121 posts

Anita!  Bly jy ken Adrian Mole.  Dit is regtig vir my snaaks... die eerstes was natuurlik snaakser as die lateres.  Wat 'n nerd!  (Een van my gunstelingkarakters was daai oom, Bert).  Ek werk in IT, ek behoort sulke mense om my te sien, maar helaas nie.  Jy's gelukkig  :)

guest poster

Ek kan met liefde nie insien dat iemand nie 'Spud' geniet nie, ek het my gekraak vir die boeke, beide 1 en 2. My broer lees nou 3 en hy sê dis net so goed. Ek kan ook nie sê dat dit nie juis by vrouens aanklank vind nie, want my ma het dit net so geniet. Jy moet Spud lees vir die plesier daarvan, nie om hogere literatuur te pleeg nie.
 
300 000 Suid-Afrikaners kan nie verkeerd wees nie - dis by verre die boek wat weer lewe in die SA'se boekebedryf geblaas het. Dit het skrywers, lesers en uitgewers weer moed gegee. Sonder 'Spud' sou julle hope ander boeke wat vandag in druk verskyn, nie gesien het nie.
 

superstar - founder
993 posts

Ai man, ek kon net nie. My humorsin lê seker net op 'n ander plek, want sommige mense wat van dieselfde boeke as ek hou, het dit vreeslik geniet, en ek weer glad nie. Tipiese humor wat ek geniet het, was bv in The Diary of Iris Vaughn.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
guest poster

To each his own! wink

superstar - member
291 posts

Nou sien ek éérs daarna uit om die Spud's te lees. Ek het al 'n paar jaar gelede vir Adrian Mole onder oë gehad en dit ook vreeslik geniet!

__________________
'Ek is, die Here hoor my 'n vry fokken vrou' Antjie Krog.
Page 1
posts 1–10 of 10

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now