Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
53 views

Pakkie by die Poskantoor

Page 1
posts 1–4 of 4
superstar - founder
993 posts

Daar is 'n pakkie vir my by die poskantoor, en dis een van twee boeke wat enige dag moet arriveer:
Thula-thula van Annelie Botes, of Vrypas van Dot Serfontein.

Hoe kies 'n mens? Watter een sou jy eerste lees, en hoekom?

Bestel Vrypas hier van Kalahari, en Thula-thula hier. Albei is teen afslagprys beskikbaar, teen R144 en R132 onderskeidelik.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
regular - member
90 posts

Ek het nou klaar gesien watter een jy begin lees het, maar ek dink ek sou liewer Vrypas gelees het.

Ek het wel Sabbatsreis gelees en baie geniet, maar ek dink ek sal in 'n spesifieke gemoedstemming moet wees om een van haar boeke te lees.  Ek wonder om watter rede op aarde is die beskrywing van Thula-thula by Kalahari.net in Engels?

Nou het ek nie een van die twee nie, maar wel 30 Nagte in Amsterdam, so dit is wat ek sal begin lees as ons in hierdie koue weer Saterdag die Noordkaap aandurf!

superstar - founder
993 posts

Vrypas van Dot Serfontein het in die pos opgedaag, en ek weet nie of enige persoon enige iets uit my gaan kry die volgende paar weke nie. Dis 'n absolute kosbare boek.

"Vrypas is nie 'n herskrywing van die land se geskiedenis of politiek nie, maar my weergawe van die konteks waarbinne dit drie geslagte lank die lewe van my plattelandse boeregesin beïnvloed het.

Vrypas is nie 'n herskrywing van enige van my reeds gepubliseerde boeke nie. Dit vertel van die dinge waaroor ek voorheen geswyg het, dit swyg oor die dinge waarvan ek voorheen vertel het."
(Dot Serfontein)

Bestel Vrypas hier van Kalahari

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
superstar - founder
993 posts

Ek het Thula-thula klaar gelees. Ek het absoluut geen woorde om hierdie boek te beskryf nie, dit sal eers moet insink.

Wat jy ook al doen, lees moet jy vir hom lees. Want ek voel die stilte voor die storm aankom, as hierdie boek eers die mensdom getref het, gaan daar geweld losbars. Hy gaan emosies in jou losmaak wat jy nie gaan herken nie.

Bestel Thula-thula hier. Teen afslagprys van R132 beskikbaar.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
Page 1
posts 1–4 of 4

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now