Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
94 views

Die Uurwerk Kantel – Marié Heese

Page 1
posts 1–11 of 11
regular - member
90 posts

(Hierdie boekoorsig verskyn tegelykertyd by My Kop Op 'n Blok.)

marie-heeseDie lewe van Maria, van 1897 tot 1972.  Aangesien die boek reeds in die 19de eeu begin, en dit op ‘n wynplaas, het die eerste stuk vir my effens die gevoel van die ou Kaapse verhale wat ek graag as kind gelees het, maar nie vir ‘n oomlik vervelig nie, want dit begin met die sinnetjie:


ek was vyf toe hulle Hansie doodgemaak het


Terwyl Maankind op Boekemakranka nou verwys het na Marié Heese se blog, en ek die boek onlangs gelees het, beter ek vinnig ietsie daaroor skryf voor ek alles vergeet.  Die foto is uit die stofomslag, daar word genoem dat sy Audrey Blignaut se dogter is. Wat die titel aanbetref, sê die kopieregblad: Die titel van hierdie roman is ontleen aan die gedig “Suiwer Wiskunde” van N.P. van Wyk Louw uit sy bundel Nuwe Verse.


Hansie was darem net haar troetelhaan wat per ongeluk onder die slagmes beland het. Onmiddelik is daar ‘n konfliksituasie met Trui (Gertruida), die huishoudster en haar pa. Soos die stofomslagnotas (sien verderaan) sê:  Marié Heese se karakters leef.  Trui is miskien vir my die werklikste karakter in die boek, maar dit geld eintlik vir almal, en aangesien die verhaal oor so ‘n lang tyd span, is daar heelwat karakters.


Die konflik met haar pa keer bv. weer terug hy ‘n gewonde Kaapse rebel, ‘n vriend van Trui, uit die huis jaag, en later wanneer sy in Eugene Marais se Winternag die skoonheid van Afrikaans as letterkundetaal ontdek, maar haar pa en die dominee reken “dis ‘n taal sonder ‘n verlede en sonder ‘n toekoms.” (Bl. 40-41)


Die groot griep van 1918 kry natuurlik ook ‘n beurt in die boek, ongeveer vanaf bl. 114. Toevallig, terwyl ek besig was om hierdie gedeelte te lees.  Gedurende die afgelope week is die eerste bevestigde geval in Suid-Afrika aangemeld.


Nog ‘n interessante karakter is die Duitse kunstenares Inge, wat die loodglasvensters vir ‘n katedraal in Kaapstad moes oordoen, met wie Maria bevriend raak.  So ook die Pool, Latski (bl. 191-), wat sy gesê het: “Chopin was a Pole.  Did you know that? …. His heart was immured in a pillar of ze Church of ze Holy Cross in Varsaw”.


Maar ek wil nie die storie verder bederf vir voornemende lesers nie.  ’n Voortreflike boek, en glad nie so “oudtyds” as was mens dalk ‘n suspisie mag hê nie.  Onthou dit het in 1976 verskyn – na die blommekinders!  Net nog ietsie wat ek wil sê: Maria se gedagtes wat so, nie in vol sinne nie, sonder punktuasie in die boek uitgespreek word.  So ‘n stukkie daarvan:


miskien
kon ek
dit
alles
vir jou vertel het
as ek jou geken het
toe ek nog Maria was
maar nou
is ek nie meer Maria nie
ek is ‘n wingerdstok
‘n ou ou wingerdstok
soms dink ek
minstens al ‘n honderd jaar oud
en ek dra die letsels
van al my winters aan my bas
maar toe dit oestyd was
toe kon ek vrugte gee



die-uurwerk-kantel-omslag


Notas in die stofomslag (skrywer onbekend)


Die Uurwerk Kantel is die ontroerende
verhaal van Maria Celliers.
Met die trefseker gevoel van die begaafde
skrywer voer Marié Heese ons terug na
‘n tydperk wat verby is. Ons leer ken
Maria hier teen die draai van die vorige eeu
as kleuter op Schoongelegen waar sy met
sensitiewe oë na die mense en die wêreld
om haar kyk.
En later: Maria -die skrander skolier wat
vir die eerste maal jongmeisiedrome begin
koester .
Maria – die student. Sorgvrye dae van
studentepret en pIesier.
Maria – en Willem . ..een vakansie op
Schoongelegen.
Maria voor die kansel.
Maria -in Kaapstad as respektabele huis-
vrou.
Maria – die sorgsame moeder .
Maria – langs ‘n oop graf.
Maria – in die grysheid van haar jare.
Deur die oë van Maria leer die leser ook
vir Willem ken – intens en doelgerig, met
‘n byna onverskrokke eerlikheid; Johan,
die jong idealis “wat die wêreld wil ver-
ander” ; Elise, slim en teruggetrokke en
onversetlik in haar liefde vir die Engels-
man Charles Hopwood; die immer-Iojale
en arbeidsame Trui; Inge, prakties én
kunstig…
Marié Heese se karakters leef. Dit is die
lotgevalle van mense waarmee die leser
hom volkome kan vereenselwig. En waar
daar raakpunte met die hoofmomente in
die Suid-Afrikaanse geskiedenis aangesny
word – die Tweede Vryheidsoorlog, die
griepepidemie van 1918, die twee wêreld-
oorloë, die politieke stryd rondom ‘48 -
word dit met kundigheid en insig gedoen.
Dit is selde dat ‘n mens ‘n roman opneem
en weet: hier is ‘n werk, lewenswaar en
eg, groots van opset, maar tog onpreten-
sieus, met ‘n eenvoud wat dit ‘n genotvol-
le leeservaring maak.
Die Uurwerk Kantel is só ‘n boek.


superstar - founder
993 posts

BAIE dankie vir jou! Dit is ongelooflike waardevolle bydraes wat jy maak. Nie net bring dit my gedagtes terug na die tyd wat ek dit gelees (en herlees) het nie, maar inspireer my sommer om dit weer te lees. Ek onthou ook die emmertjie turksvye wat so heen en weer op die trein gereis het!

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
regular - member
90 posts

Maankind, ek het baie gewonder en kon glad nie onthou van die emmertjie turksvye nie, partykeer lees ek myself aan die slaap en lees nog 'n ent verder terwyl ek al slaap, so dis heel moontlik dat ek iets mis.  Ek het my vrou gevra om die boek te lees, daar is ook nie 'n trein nie!  Dalk in 'n ander boek van haar?

superstar - founder
993 posts

Ag jimmil Kop, dit was Elsa Joubert wat die emmertjie turkvye so met die trein gekry het. Skuus man. Die ouderdom tog...

Of was dit? Ek het nou drie boeke van Elsa Joubert uit my rak gaan grou, en ek kry ook nie die toepaslike stuk nie. Maar ek sal aanhou dink. Dit was wel iemand uit daardie era. Nou wonder ek weer oor Audrey Blignaut.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
regular - member
90 posts

Ha, ha, ha!  Lekker soek, Maankind, want jy het my nou lekker nuuskierig oor die emmertjie turksvye.  Die enigste boek van Elsa Joubert wat ek ooit gelees het is Bonga, wat ek as voorgeskrewe werk gehad het.  Die enigste ooreenkoms daarvan met hierdie boek is die oranje stofomslag, maar dis nie daarin nie. Ek sien in Leserskring se katalogus Uurwerk is heruitgereik en spog nou met 'n foto op die voorblad.

superstar - founder
993 posts

Kop, ek het nou al glads vir Marié Heese geskryf op haar blog en gevra. Jy moet regtig moeite doen met Elsa Joubert se boeke, Die reise van Isobelle is 'n groot gunsteling van my. Haar outobiografie, 'n Wonderlike geweld, is ook een van my kosbare boeke.

Kom ons maak 'n deal, Kop. Ek spoor die passasie op, dan lees jy die boek. Het ons 'n deal, of het ons 'n deal?

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
regular - member
90 posts

Oukei Maankind, dis 'n deal!  Dis nou as ek dit darem redelik maklik in die hande kan kry. (Ek hoop dis een van die twee wat op die leeslys is, dan slaan ek sommer nog 'n vlieg!)

superstar - founder
993 posts

Marié Heese weet ook nie, maar het weer gewonder of ek nie dalk aan Elise Muller dink nie...

Hierdie is 'n vreeslike kringloop, want nou het ek weer 'n boek van ELise Muller ook uit die boekrak gehaal om weer te lees. Vrou op die skuit (kortverhale)

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
regular - member
148 posts


Ek het gelees wat jy op jou blog skryf oor die emmertjie turskvye en moet bieg toe jy dit die eerste keer hier genoem het, het ek verstaan die emmertjie is op en af in die dieselfde trein gestuur. Soortvan om te deel met die res van die mense in die wa. Dat die emmertjie weer volgemaak en teruggestuur is, is seker 'n ander tipe vrygewigheid.

superstar - founder
993 posts

Stephni, ek kom nader aan die antwoord. Ek onthou ek het met 'n tannie hier in Kleinmond daaroor gesels toe sy die boek by my geleen het, so sy help nou dink watter boeke het sy by my geleen, of ek by haar. Want sy onthou die emmertjie turksvye, en ons gesprek daarna ook goed, so ek het nie gedroom nie.

Daardie emmertjie turksvye spook by my!

(En jammer as ek dit nie duidelik gestel het nie!)

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
regular - member
148 posts

Nee ek het gedink dis oulik - dat mens verkeerd kan verstaan en nog so half die regte gevoel het. Lyk my ek sal ook die boek moet lees wanneer jy onthou het.

Page 1
posts 1–11 of 11

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now