Hier is die wenners van die Via Afrika-pryse:
WA Hofmeyr: Etienne van Heerden se 30 nagte in Amsterdam
Recht Malan: Tony Leon se On the contrary
MER – vir geïllustreerde boeke: Siyolo se trui deur Mari Grobler, met illustrasies deur Elizabeth Pulles
MER vir jeuglektuur: Derick van der Walt se Lien se lankstaanskoene
Herman Charles Bosman: Michiel Heyns se Bodies Politic
Jan Rabie/Rapport: Karen Cronjé se Alles mooi weer
Hier is die wenners van die M-Net-pryse:
Afrikatale: Tsireledzo Mushoma se Nne na inwi
Engels: Anne Landsman se The rowing lesson
Afrikaans: Etienne van Heerden se 30 nagte in Amsterdam
Die Filmkategorie: Deon Meyer se 13 uur
Ek het Sondag by die CT boekefees gaan luister na die onderhoude met die wenners. Baie interessant. 30 Nagte het ek al lankal gelees, maar van Anne Landsman se The Rowing Lesson het ek baie min geweet. Klink na 'n wonderlike boek.
Gaan lees gerus meer oor haar by:
http://www.annelandsman.com/index.php?mode=objectlist§ion_id=141
Ek het die voorreg gehad om na haar te luister verlede jaar by die Franschhoek Literary Festival. Móói vrou!
Lees ook hier wat ons daaroor gesels het:
http://leeskring.lefora.com/2008/05/16/franschhoek-literary-festival/page1/
http://leeskring.lefora.com/2008/05/29/anne-landsman---the-devils-chimney/page1/#post230957
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member