Oor Skryf en Lees - Martie Preller
Ek het my hele skryf-lewe 'n passie om mense aan die skryf te kry - nie noodwendig hogere letterkunde (wat dit ook al mag beteken) maar net jou gedagtes, gevoelens ens neerskryf en dit probeer gooi in 'n storie-patroon. Daar is ontelbare storie-patrone.
Ek het self beleef hoe verrykend en helend skryf kan wees. Dit vat dinge weg van binne jou na voor jou en jy kan beter deal en ontdek ens ens. Lewe is tog maar 'n ontdekkingstog. Dis soiets wat hier ook gebeur - dat jy met jou inskrywing ander raak en dikwels self ook ontdek van jouself.
En ek dink hoeka as mens
mense weer kan hook op bewus raak van stories - dan sal dit die boek
bedryf ook help of dan ten minste meer boeke met self publisering die
lig laat sien.
Daar is verskillende soort stories. Ek copy weer
stukkie uit my boek hieronder - maar die PUNT (of die BEGIN met 'n
aandagstreep - want dis nie 'n PUNT nie!) is dat alle stories waarde
het, al is dit net vir jouself en ander naby jou. Altyd.
Oi. Hier raak ek nou weer vreeslik opgewen. Maar as my boeke klaar is gaan ek een hengse effort ingooi om te verkondig waaraan ek glo en dan kan almal daarmee maak wat hulle wil, of nie. Ek moet dit doen. 'n Haas moet doen wat 'n haas moet doen :)
En daarna wil ek ander
goete skryf. Dis soort van 'n einde vir my en 'n begin. En ek wil deel.
Ons moet almal deel waarvan ons weet en wat ons opgewonde maak. Ek weet
van stories. Ek het al sooo baie geskryf.
’n Mens sou stories ook soos volg kon onderskei:
Persoonlike stories is die lewensstories van mense wat
werklik leef of geleef het. Persoonlike stories kan dalk betekenisvol
wees vir jou en vir die mense wat direk of indirek met jou kontak het
of gehad het of vir mense wat kan identifiseer met jou lewensstorie of
dit insiggewend of interessant vind.
Universele stories is die stories van fiktiewe mense of
fantasie karakters. Universele stories kan dalk betekenisvol wees vir
’n wyer groep mense, wat onbekend is aan die skepper van die storie.
Daar is soveel universele stories as wat daar karakters is, waaraan die
mens se verbeelding gestalte kan gee.
Post-modernistiese stories verwyder bogenoemde skeidslyn
tussen persoonlike en universele stories. Post-modernistiese stories
kan dus, onder andere, die stories van werklike mense in fiktiewe
omstandighede vertel, of die stories van werklike en fiktiewe mense
vermeng om bykomende moontlikhede te skep. Post-modernistiese stories
kan ook reeds bestaande stories herskep of hersirkuleer.
We live by stories, we also live in them. One way or another we
are living the stories planted in us early or along the way, or are
also living the stories we planted – knowingly or unknowingly – in
ourselves. We live stories that either give our lives meaning or negate
it with meaninglessness. If we change the stories we live by, quite
possibly we change our lives.
Ben Okri in A Way of Being Free
Menswees en stories is onlosmaaklik verweef. Oliver Sacks gee in sy boek: The man who mistook his wife for a hat
die volgende beskrywing van ’n persoon met Korzakoff sindroom – wat ’n
verlies aan korttermyn geheue behels : “for such a patient must literally make himself (and his world) up every moment. We
have, each of us, a life-story, an inner narrative – whose continuity,
whose sense, is our lives. It might be said that each of us constructs
and lives, a ‘narrative’and that this narrative is us, our identities.” (bl. 105)
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member