Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
57 views

Fees van die Ongenooides / Feast of the Uninvited - PG du Plessis

Page 1
posts 1–1 of 1
novice - member
26 posts

Ek kon nognie vir myself uitmaak of die boek, of die fliek, eerste onder oë moet kom nie.


Ek lees ook nie ‘n boek omdat ek die fliek gesien het nie, en anders-om.


Ek het egter onlangs ‘n baie intense ervaring gehad toe ek die TV reeks, Fees van die Ongenooides, of eerder Feast of the Uninvited, deur oom PG du Plessis, oopmond gevolg het, en daarna, toe sy boek op die rakke verskyn, dit ook gelees het.


Altwee generes was vir my genoeg om uit te beeld wat veronderstel was om gesê te word.


By die TV reeks was dit die geval, bloot omdat die besondere talentvolle akteurs wat met die hand gepluk is vir sy/haar rol, die karakter perfek weergegee het.


Hier dink ek met deernis aan die karakter, Martie van Wyk, wat deur die briljante Anna-Mart vd Merwe vertolk is.  Hoe sy aand na aand vir my in trane gespeel het, en soms vir my so ontstel het, dat ek nie besef het ek is in staat om so te voel nie.


Die boek het hier en daar beskrywings in wat jy nie met ‘n akteur kan weergee nie, maar die genialiteit van die skrywer, die filmspan en die akteurs het hier byeen gekom om ‘n bitter era in ons geskiedenis weer te gee, en wat selfs die gehardste kritiekus tot‘n sagte woord sal dwing.


Die verteller in die TV reeks is myns insiens die uniekste bestanddeel van die boeiende storielyn.  Iets wat nognie in Afrikaans TV gedoen is nie. 


Gaan neem Feast of the Uninvited uit, dis in die DVD winkels, maar lees asseblief ook die meesterstuk in druk.


Dis nie net ‘n gewroeg oor die verlede nie.  Dis mooi ook.  En hartseer.  En diep.  En dit maak mens beter verstaan.


Artikels oor Feast/Fees: 


http://www.dieburger.com/Stories/Entertainment/17.0.180452224.aspx


http://skoorblok.wordpress.com/2008/03/05/vir-anna-mart-van-der-merwe/#comment-2135

__________________
...gee my kos, boeke en my mense, en ek sal nie moeilikheid maak nie...
Page 1
posts 1–1 of 1

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now