Ek het die boekeblad bylae in Rapport baie goed gevind. Omdat ek nie tydskrifte koop nie en dus nie die Huisgenoot se bylaag gelees het, kan ek nie `n opinie uitspreek nie. Tydskrifte is te duur vir die kort tydjie wat `n mens spandeer om dit deur te lees. Ek noem tydskrifte advertensieblaaie.
Het sopas R12 betaal vir Huisgenoot (baie teen my sin, maar vir 'n boekeblad sal ek enigiets doen), maar soos Maankind, voel ek ons is verneuk. Nie dat ek enigsins iets sinvols van Huisgenoot verwag het nie, maar 'n mens hoop darem.
Het ook nog nooit van die Elna gehoor wat aan die hoof daarvan staan nie. Ek sien sy noem die besprekings van jare terug se Huisgenote toe dit nog 'n briljante tydskrif met artikels deur skrywers van formaat gehad het - ek dink nie sy kan daaraan dink om hierdie half nuttelose bylae (wat baie van die inligting wat in Rapport was gebruik het) met daardie jare se Huisgenote te vergelyk nie - en ek praat nie uit my nek uit nie. Ek het kopie van daardie jare se tydskrif in my besit.
Paljas en Klara Viljee is stokou nuus, so is Vaselientjie. Die onderhoud met Vincent Oliphant kon beter gewees het en die storie oor die Nuwe Kinderboek is ook maande oud. Die onderhoud met Carel van der Merwe (wie het al van hom gehoor of iets van hom gelees?????) het my ook nie beïndruk nie. Hulle moet dit maar heeltemal in 'n skoleblad verander. Miskien sal skoliere dit koop en lees. Ek sal nie weer geld daarop mors nie.
Enigste ligpunt van die hele operasie - ek het darem twee blokraaie om in te vul voordat ek die tydskrif vir ma se vriendin gee wat papier bymekaarmaak vir haar kleinkinders se herwinningspogings by die skool.
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member