Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
49 views

Rapport se Boekeblad

Page 1
posts 1–8 of 8
superstar - founder
993 posts

As jy nog in jou nagklere sit en koffie drink, maak nóú 'n plan en gaan koop die Rapport vir die Boeke bylaag. Dit is wel aanlyn beskikbaar, maar jy sal dalk soos ek wil maak en die bylaes in 'n netjiese stapeltjie êrens hou.

Daar is oa 'n lekker dubbelblad gesprek met Annelie Botes oor haar nuwe boek Thula -thula wat eersdaags verskyn. Onthou van Annelie se aanbod!

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
regular - member
198 posts

Het pas sommer op die internet na Rapport se boekblad gaan kyk (Kry eers more my kopie van die koerant) en ek sal seker nie nou al daaroor kan kommentaar lewer nie, maar dit lyk vir my so asof daar meer op Engelse en oorsese boeke en skrywers gekonsentreer word.  Ek hoop ek is verkeerd.

Sal Dinsdag kyk wat Huisgenoot se boekeblad bied - hoop dit is beter as hulle gewone artikels.
Die artikel deur Antjie Krog se seun lyk wonderlik.  Sy sus Susan is die nuwe redakteur hier by ons plaaslike rag tag, die Breederivier Gazette en sy doen baie goed.  Sy was so vriendelik om my kopie van Digter Wordende by haar ma te laat teken.  As iemand soek na 'n lekker digbundel, ek kan die een aanbeveel.  Dit bevat van haar beste gedigte van  toeka tot nou - Is baie bly oor die bundel vandat ek besef het dat my kopieë van haar vroeëre bundels deur die jare heen verdwyn het.

Lekker week vir almal

superstar - founder
993 posts

Ek het die artikel oor Dot Serfontein baie geniet, omdat ek haar al vir 40 jaar lees. Ook die een oor Annelie Botes.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
regular - member
148 posts


Anita, ek dink nie daar word meer op oorsese skrywers en boeke gekonsentreer nie. Daar is wel heelwat daarvan maar dit word voorgestel deur plaaslike skrywers wat 'n plaaslike perspektief daarop plaas. Ek het byvoorbeeld vantevore van Roberto Bolano se 2666 gelees en dit op my ongeskrewe verkenlys geplaas. Ek kan nou nie presies die detail van ander skrywes onthou nie maar Eben Venter se ervaring van die skrywer is bietjie anders as die idee wat ek oor Bolano gekry het. Dis altyd interessant en vir my 'n aansporing om meer uit te vind en 'n paar goed weer te gaan lees.

Ek het ook baie van die artikel oor Dot Serfontein gehou maar haar nog nooit gelees nie. Dalk is hierdie my jaar van Afrikaanse skryfsters begin lees agv hulle memoires en briewe!

Ek wil defnitief Anne Michaels se 'The Winter Vault' lees - Loftus Marais noem hoe haar temas identiteit en ruimte hier sal resoneer agv 'forced removals' maar ek dink ook die huidige grondhervormingsbeleid, die groot aantal Afrikaanssprekendes wat in die buiteland gaan woon asook ons hartstogtelike liefde vir hierdie land kan genoem word.

Piet Grobler se artikel oor Stian Hole was ook vir my baie interessant en ek sal graag sy werk wil sien.

Ek sal nie sommer die artikel oor Thula-Thula lees nie maar net omdat ek nie krag het vir die boek se onderwerp nie. Daar was heeltemal genoeg wat wel interessant was en oor die algemeen het ek Rapport Boeke geniet. Dis 'n rede om dan ten minste een keer 'n maand weer die Rapport te koop.
 

regular - member
198 posts

I stand corrected Stephni.  Het vanoggend my koerant gekry en die boekebylaag behoortlik bekyk en dit lyk heel interessant. Sal moet kyk wat Huisgenoot oplewer en of dit my weer so ver sal kry om die tydskrif 1x per maand te koop - terwille van die boek.   So vergewe my my kortstondige waansin - hel, as jou lewe so deurmekaar is soos myne op die oomblik, sal jy my dadelik vergewe.  Jy ken die spreekwoord wat sê "it newer rains but it pours" - was vir weke in 'n totale paniek omdat ek nie werk inkry nie, en nou het ek soveel dat ek nie by alles uitkom nie.  Hoe sê hulle" "don't wish for something you may get it"........
Lekke week vir almal

regular - member
148 posts

Jy is vergewe hoor, maar ek het my opgewondenheid darem nie krities bedoel nie. Ek is ook nuuskierig om te sien wat Huisgenoot gaan doen met hulle boekeblad. Om eerlik te wees, dit sal baie goed moet wees voordat ek die Huisgenoot sal koop. Ek sal dit dalk maar net ook by die tandarts lees. Groete en lekker

superstar - founder
993 posts

Oor die Huisgenoot: Ek voel toe nou eintlik ligweg verneuk. Daardie bylae is darem taamlik lig in die broek, veral vergeleke met dié van Rapport. En met die verwagtinge wat ek seker self geskep het...

Dit was my aanvanklike reaksie. Maar toe ek nou daaroor nagedink het: Ek was eers vies oor dit bietjie lig is, maar hulle resep is sekerlik reg, om mense aan die lees te KRY. Ek lees al klaar, en kan inligting elders bekom.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
regular - member
148 posts

ek wou sê : groete en lekker werk!

Page 1
posts 1–8 of 8

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now