Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
37 views

Diamant in die stof - Dieper Water van Helene de Kock

Page 1
posts 1–4 of 4
superstar - founder
993 posts

Party dae kom mens mos onverwags op 'n diamant af. Ek kan net voel hoe 'n delwer se hart moet klop as jy gewoond is om deur stof te sif en hier lê hy, blink en glad in jou hand.

So het ek gevoel toe ek Dieper Water van Helene de Kock begin lees het. I judge a book by its cover, en ek het gesien hierdie boek lyk anders as die liefdesverhale wat De Kock normaalweg skryf.

Dit is 'n familie sage, maar wat 'n boek, mense, wat 'n boek.

‘Dieper water’ is op geen vlak ‘n liggewig nie. Die plot, struktuur, karakterisering en uitbeelding van die milieu in Dieper Water is besonder knap vasgelê. Dit is ‘n roman met diepgang, een waarvoor die woord “oppervlakkig” beslis nooit sal geld nie – Dr. Etienne Bloemhof - Redakteur – Tafelberg Uitgewers.

Dis ‘n pragtige verhaal met diepte en warmte. – Madri Victor – Assistent Redakteur – Tafelberg Uitgewers.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
regular - member
118 posts

Dis so wonderlik wanneer mens so 'n boek ontdek. Dit gaan beslis ook op my moet-lees-lysie kom. Wat my van Helene de Kock se boeke opval is dat sy so goed navorsing doen. Haar boeke word soms onder die CUM-vaandel uitgegee, maar daar is ook kinderverhale, kortverhale, artikels en natuurlik die liefdesverhale waarvoor sy so bekend is. Dit lyk my sy kan in enige genre skryf. Wanneer daar van 'n skrywer 'n omnibus verskyn, beteken dit dat jy beroemd is. As ek dit nie mis het nie, het daar al 'n paar van haar verskyn. Dit beteken sekerlik ook dat sy 'n ervare en geliefde skrywer is.

Dankie dat jy laat weet het van Dieper Water. 

__________________
Annemari
superstar - founder
993 posts

Poljons, Dieper Water is veel, veel meer as 'n liefdesverhaal. Dis 'n ernstige roman, en die strorie tref baie diep. Die trefkrag van menslike emosies soos jaloesie en vergiffenis wat geslagte lank mense se lewens beïnvloed word so kundig aangespreek dat ek absoluut verstom is dat hierdie roman nie groot opslae gemaak het nie.

Maar ek weet. Sy is bekend as liefdesverhaalskrywer. En net soos met Chanette Paul, kan of wil mense nie daarby verby kyk nie.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
regular - member
118 posts

Ek hoor wat jy se, MaanKind. Dis asof mense skrywers soms in 'n blik wil druk. 'n Skrywer kan natuurlik buite sy/haar genre begin skryf, soos wat Irma Joubert gemaak het. En kyk hoe suksesvol is sy nou!

Enigeen, maak nie saak of hulle nog nooit geskryf het of al lank in 'n bepaalde genre skryf nie, is myns insiens in staat om die Groot Afrikaanse Roman te skryf.

Ek sien daarna uit om Dieper Water te lees.

__________________
Annemari
Page 1
posts 1–4 of 4

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now