Net ter inligting: My vorige skrywe handel oor ' Om na `n wit plafon te staar '.
Ja ek het lanklaas geblok, maar ons verf huis en buiten dat dit soos trek is, is my neus binne rou van die reuk van verf. Ek het ook weer begin tennis speel na `n lang en ernstige siekte, en was my ledemate maar taamlik styf en seer.
Ons hier by die Fynbos leeskring het verlede maand bogenoemde boek bespreek. Baie hard probeer om die skryfster by ons te kry, sy woon maar sowat 30km van ons , maar nie geslaag nie. Die boek het verskillende reaksies uitgelok van baie geniet tot nee, dit was 'rubbish'. Veral van die wie 'Dis ek Anna' gelees het en dit baie geniet het. Ek het egter nie Anna gelees nie , wou nie, want ek het `n slegte ervaring oor `n soortgelyke geval beleef waar ek `n pleegkind in my sorg gehad het. Die bespreekte boek het ek egter op `n manier geniet as ligte vakansie leesstof. So het ons maar almal ons geheime en worstelings wat op die ou end tog nie so ernstig is as wat ons dit op daardie oomblik ervaar nie, en nie naastenby soos die pyn van Anna nie. Ons volgende boek is 'Die Agterhuis' van Anne Franck. Ek sal terug rapporteer, maar wil se dat ek die engelse weergawe baie geniet het asook die fliek wat ek in my jong dae saam met my ma gaan sien het. Soos baie, kom ek agter, het ek ook so twee of drie boeke op my bedkassie wat ek so om die beurt lees. Die een is Beyers Naude se ' My land van hoop' en die ander is Leon Rousseau 'Die groot avontuur '. Albei boeke is besonder interessant maar so vol feite dat dit `n mens se kop so vol maak dat `n mens nie te lank kan aanhou nie. Ek kan egter beide boeke hoog plaas op my ' aanbeveel lys ' Omdat ek, en baie nader mense vandag, so baie wonder oor evolusie, waardeer ek die nugtere kyk na teoriee en sienings soos in ' Die groot avontuur ' Dis vir my nes politiek, iets waaroor `n mens nie te hetig moet raak nie weens die sensitiewe aard van hoe die godsdienstige en die wetenskplike dit poog te verduidelik. In `n ligter luim: Ek dink as hulle langer daaroor debateer gaan hulle nog op die ou end almal by dieselfde punt uitkom soos Rooikappie en die wolf, een met die lang pad en die ander met die kort pad. Miskien sluk die een nog die ander in ook. Die derde boek sal ek later bespreek maar vireers is my asem fluit fluit uit en sluit ek af met `n amen, ek heb gesegd.
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member