Goeiedag op hierdie woeste-winde Kaapse dag! Vandag het ek nie Boeke-nuus nie, maar wil graag aan julle almal 'n baie opwindende nuwe forum bekend stel - Travelwise / Reisgewys.
Nadat ons weer 'n artikel gelees het, en ek haal aan: "teen slegs R2228 per persoon wat deel per nag, (normale tarief R4919)" het ons besluit om 'n forum op te stel om werklik bekostigbare akkommodasie aan mense bekend te stel. Ons reis self baie, en ons weet dat jy nie onderweg na jou bestemming al jou vakansiegeld aan oornag-akkommodasie wil spandeer nie.
Kom vertel ons asseblief van enige bekostigbare akkommodasie waarvan jy weet. As Boekemakranka-lid kan jy outomaties deelneem. Indien jy die einaar van so 'n akkommodasie is, laat hoor ook van jou. Dit is absoluut gratis om hier te adverteer, solank dit bekostigbaar is.
* Bekostigbaar word gedefinieer as R250 en minder per persoon per nag
* Akkommodasie verwys na gastehuise, B&B, selfsorg, kampeerplekke ens.
Gaan kyk by http://travelwise.lefora.com Stuur asseblief hierdie skakel ook aan jou vriende.
John & Trisa Hugo (Onthou jy kan nie 'reply' na hierdie boodskap nie, as jy wil reageer, stuur epos aan trisa@icon.co.za)
Gebruik sommer die skakel aan die regterkant by Skakels.
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member