Daar moet 'n kappie op die o wees. Dis nie regtig 'n bekendstelling nie, want ek glo Pamela Jooste het lank reeds nie nodig om bekendgestel te word nie. Haar eerste roman Dance with a Poor Man's Daughter is mos baie keer bekroon. Frieda and Min het my ook mateloos beindruk.
Hierdie is die Afrikaanse vertaling van haar jongste roman, Star of the Morning. Al wat ek eintlik op die hart het, is dat die vertaling deur Jaco Fouche myns insiens baie goed gedoen is. Daar was vir my nie 'n enkele wanklank nie. Die boek lees asof dit oorspronklik in Afrikaans geskryf is.
Frieda en Min het my bekend gestel aan Pamela jooste, en ek lees sedertdien alles van haar wat ek kan. En jy is reg, ek het self gedink dit is asof Môrester aanvanklik in Afrikaans geskryf is.
Nog so 'n boek wat absoluut uitstekend vertaal is, is Verkeerdespruit deur Michiel Heyns. Ek kan amper nie glo die oorspronklike Engels kon beter wees nie.
Pamela Jooste se boeke is goed maar, dit spreek baie duidelik tot my dat sy nie werklik 'deel' was van die lewe van die bruin mense nie. Sy kan wel daaroor skryf maar sy het dit nie self beleef nie. Anders as met Rayda Jacobs se boeke.
Pamela se Morester was wel baie lekker om te lees vir my, en daar is tog soveel raakpunte, dat mens met die lees daarvan nie verwyderd voel van die onderwerp nie.
Ek moet bieg, ek het gevoel asof sy binne-in die situasie is. Eers met Frieda en Min, en veral met Morester, wat ek ook eerstens as Star of the Morning gelees het. Sy vertel haar storie met absolute oortuiging. Ek was om die waarheid te sê aanvanklik oortuig dat sy self 'n kleurling is
Rayda Jacobs skryf wonderlik, maar sy het 'n ander stryfstyl, meer rou, uit die derms uit. Ek lees self graag wat sy skryf, en het die grootste respek vir haar as mens.
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member