Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
21 views

Kaapstadse Boekeskou het vanjaar meer SA kleur

Page 1
posts 1–1 of 1
superstar - founder
993 posts

Die Kaapstadse Boekeskou wat van 13 tot 16 Junie weer in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum gehou word, sal vanjaar ’n sterker Suid-Afrikaanse fokus as die eerste drie skoue hê.

Teenoor ’n geskatte binnelands-buitelands-verhouding van 50/50 op die program van vorige feeste, sal die verhouding vanjaar glo nader aan 80/20 wees.

Volgens Vanessa Badroodien, direkteur van die skou, is ’n rede die uitwerking van die internasionale ekonomiese krisis op die buitelandse boekebedryf. Anders as vorige jare sal daar vanjaar byvoorbeeld nie ’n Franse handelsafvaardiging wees nie.

Nogtans sal uitstallers uit 29 lande, onder meer Indië, China, Korea, Duitsland en Switserland, aan die skou deelneem.

Wat buitelandse outeurs betref, is daar uit Brittanje Adal Parks, ’n populêre skrywer van sogenaamde “ chick lit ” (deur Badroodien skertsend tot “middle age lit” herdoop), Kevin Brooks, wat boeke vir tienerseuns skryf (Badroodien se kollega Jennifer Crocker noem dit “lad lit”) en Zena Edwards, ’n hiphop-podiumdigteres.

Uit Ierland kom die Switsers-Ierse Hansjörg Schertenleib, ’n skrywer van prosawerke, liedtekste, dramas en hoorspele, wat onder meer oor taal en identiteit gaan praat.

Nog ’n rede vir die sterker Suid-Afrikaanse aksent is volgens Badroodien dat uitgewers meer vertroue in Suid-Afrikaanse skrywers en boeke begin kry. Daar sal byvoorbeeld veel minder gesprekke oor die werk van afwesige buitelandse skrywers wees as in vorige jare.
Die meeste boeke wat bekend gestel of bespreek sal word, sal onlangs (ses maande of korter gelede) verskyn het, teenoor vorige jare toe baie op boeke wat al langer in die mark was, gefokus is.

Onder die sowat 200 skrywers wat optree, is John van de Ruit, Antjie Krog, Deon Meyer en Allan Boesak. Naas die swaarder intellektuele aanbod, is daar ’n kinderprogram en heelwat vermaak vir die jeug, soos optredes deur verskillende hiphop-groepe. Toegang vir kinders en studente is gratis.
Die volledige program is aanlyn beskikbaar by www.capetownbookfair.co.za.

Gerrit Brand in die Beeld

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
Page 1
posts 1–1 of 1

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now