Die Universiteit van Johannesburg-prys vir die beste
skeppende skryfwerk in Afrikaans wat verlede jaar gepubliseer is, gaan
aan Etienne van Heerden vir 30 Nagte in Amsterdam.
Loftus Marais wen die UJ-debuutprys vir sy digbundel Staan in die Algemeen Nader aan Vensters.
Die ander werke op die kortlys was Jaap Steyn se
Volgens Willie Burger, sameroeper van die pryskomitee, getuig 30 Nagte in Amsterdam
van Van Heerden se onbetwisbare vakmanskap. In die persverklaring
vervolg hy: “Die taal word op ’n indrukwekkende wyse ingespan om ’n
spannende verhaal te vertel. Die leser word maklik verlei om agter die
spannende verhaal aan te lees, maar uiteindelik bied die roman ’n
bestekopname van die bestaan van wit Suid-Afrikaners. Die rol van kuns,
van die kreatiewe in die verkenning van die verlede en die ondersoek
van bestaansmoontlikhede vir die toekoms, staan ook sentraal.”
Luidens die persverklaring het die digbundel wat die
UJ-debuutprys gewen het dikwels ’n ligte, speelse toon en getuig Marais
se verse van ’n belesenheid en taalvaardigheid wat groot belofte inhou.
Die pryse word in Oktober by die UJ aan die wenners oorhandig.
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member