Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
165 views

Thula thula

Page 1 · 2
posts 1–20 of 21 newer >
rookie - member
1 posts

ek is nie seker of annelie botes se nuwe boek al reeds op die rakke is nie.  Het enige iemand informasie?  Dankie dankie

superstar - member
291 posts

Nog nie gesien nie. Weet net daar was een of ander ondersoek wat, ek weet nie wie nie, wou doen voordat dit mag verskyn. Of dit al afgehandel is, sal ek nie kan sê nie.

Dis 'n geval van ek weet waar die klok hang maar weet nie waar die bel is nie!

__________________
'Ek is, die Here hoor my 'n vry fokken vrou' Antjie Krog.
superstar - founder
993 posts

Uit die perd se bek! Ek het hierdie van Annelie gekry. Kontak my asseblief by trisa@icon.co.za as jy die boek van haar af wil bestel, dan stuur ek die inligting aan.

Ek nie glo die winter is óp ons nie. Ek nie glo dat ek nou ‘n jaar terug manies besig was om Thula-thula oor te skryf nadat my rekenaar gesteel is nie. Eintlik ek nie glo dat ek dit heelhuids tot hiertoe gemaak het nie. Maar ek het. Met die Hulp van Op Berge en in Dale. En só het elkeen van julle seker ook maar in die verbygegane tye sy berg en dale gehad.


Intussen is Thula-thula in April drukkers toe, en skaars twee dae nadat dit daar aangeland het, toe brand Paarl Print af, en die prukkersproewe daarmee saam. Daar kon betyds nuwe proewe gemaak word, danksy die tegnologie. Maar daar sal altyd ‘n skaduwee in my agterbly by die wete dat daar tien mense in ontsettende angs in die vlamme gesterf het. Sulke goed verlaat my nóóit.


Thula-thula verskyn die 15de Junie, en die eerste druk is pas opgeskuif na 17 000. Dis verstommend vir ‘n Afrikaanse boek. Ek kan nie dink hoekom dit gebeur nie, maar dit gebeur. Miskien is dit die Sewemaalsom wat begin om vir my terug te gee van díe baie wat die sprinkane lank terug by my opgevreet het. Of miskien is dit suiwer genade.


Ek wil vir my lysie-mense ‘n aanbod maak, sodat julle die boek direk deur my koop. Dan skryf ek ‘n persoonlike iets voorin en pos dit na elkeen toe saam met ‘n roosmaryntakkie of ‘n kerriebostakkie uit my tuin (hang af watter bos hou die lankste). Maar moet asseblief-asseblief onder geen verpligting voel nie. Dis bloot my manier van uitreik en probeer om ietsie terug te gee van al die baie goodwill wat ek oor tye heen van julle ontvang het. Die oorsese mense moenie bestel nie, want dit gaan julle hopeloos te duur uitwerk. En dan is daar ook mense wat ‘n verpligting het by Leserskring, en julle moenie in ‘n blik gedruk voel nie. Ander mense is weer gek oor die aura van ‘n boekwinkel, en wil dit liefs dáár gaan uitsoek.


Die boek se prys is R165 kos, plus posgeld en koevert van R10. Maar as ek bestellings kry vir 50+ kopieë wat ek heeltemal privaat verkoop, kan ek ‘n kopié pos vir ‘n totale koste van R140, omdat ek dan meer afslag kry. Maar dan moet ek ongelukkig kontant betaal saam met my bestelling. En wáár sal ek nou R10 000 of R20 000 kry om ‘n kontantbestelling te plaas? Ek het reeds bestellings en inbetalings vir meer as 50 kopieë wat vanaf nêrens op my neerreën, so die grens is reeds bereik.


As julle dalk ‘n kennis of geliefde of vriend het wat ook ‘n persoonlike kopié bekom, is ek heeltemal bereid om dit te doen. Solank julle net ‘n plan uitwerk (gee maar my epos-adres as dit nodig is) waarop niemand beneuk word nie, en ‘n plan wat my nie sal laat sukkel om iemand se pos-adres op te spoor nie.


Ek vra mooi dat julle nie hierdie aanbod sal sien as ‘n money-making racket nie. My aandeel in die R140 is genuine skraps. Ek agteroor slaan en my nek breek as ek lieg.


Thula-thula is ‘n lekker dik boek, 336 bladsye, en soos baie van julle reeds weet, gaan dit oor bloedskande. Net terloops: Die Publikasieraad het dit ‘n ouderdomsbeperking van 18 gegee. Dis ‘n lang storie, maar ek gaan kortliks sê hoekom. Die wet bepaal dat alle kinderseksualiteit outomaties beskou word as kinderpornografie. Die klem is op kinder. Selfs al is dit ‘n kinderboek oor Waar kom ek vandaan? en daar is net ‘n tekeninkie of so iets, dan behóórt dit wetlik aan die Publikasieraad voorgelê te word vir ‘n klassifikasie. Dis nie vir die uitgewer of skrywer om te besluit wat is goed vir kinders, en wat nie. Dit het in hierdie deurmekaarspul van ons land se administrasie egter só gebeur dat baie boeke wat by die Publikasieraad behoort te gaan draai het, nooit daar gaan draai het nie. Omdat Thulu-thula maar soms aan die wilderige kant is, het ek en my uitgewer besluit om 100% die regte wetlike kanale te volg.


Thula-thula het nie ‘n ouderdomsbeperking gekry omdat dit vieslik is nie. Glad nie. Soms is dit wilderig, ja, maar nie vieslik nie. Ek sou my glad nie skaam as my eie ma of my dogter dit lees nie. Die rede vir die ouderdomsbeperking is dat dit ‘n gevaarlike boek is vir ‘n tiener wat dit sonder begeleiding lees. Thula-thula skets nie net die kant van die slagoffer nie, maar dit gryp die hele scenario vas en kyk indringend na die volle kringloop. Na die ma wat heeltyd van alles geweet het, maar geswyg het. Hóékom? Na die pa wat die monsteragtigheid gepleeg het, vir 22 jaar lank. Hy was ‘n opgevoede man in die hoër laag van die samelewing, gerespekteerd en gesiene. Maar in die donker kamers van sy siel het daar verskriklikhede opgesluit gelê. Magteloosheid, minderwaardigheid, ‘n diepverskuilde onvermoë om homself teenoor sy portuurs te laat geld. Hóé het dit dan gekom dat hy van Gertruidatjie sy teiken gemaak het?


Bloedskande is nié ‘n seks-ding nie; dis ‘n mag-ding. Dit kom van ver af, en dis vir al die partye ontsettend pynlik. En terselfdertyd is dit een van die besbewaarde geheime van ons hedendaagse samelewing. Glo dit, of los dit: In blanke huisgesinne kom bloedskande in minstens 1 uit elke 5 gesinne voor. Die statistieke blyk egter nader aan 2,6 uit 5 te wees, omdat dit so bigtime onderaangemeld is. Omdat daar soveel troebel emosionele strome deur die boek loop, dink ek dis wys as ‘n tiener dit mét begeleiding lees. Wat ek eintlik probeer sê, is dat tieners nie moet nodig hê om hulle eie antwoorde en opmaaksels op sekere krapperige vrae te fabriseer nie, maar die moet hê om aan ‘n volwassene te vra. Hoekom dit? Hoekom dat? Nou hoe dan só? En as …? En sê nou maar net …? En wat dan …? 


Daarom is ek só dankbaar, en voel ek grotendeels beskermd, dat die Publikasieraad hierdie besluit geneem het.


Maar wag, laat ek nie die ding vooruitloop nie. Kom ek paste ‘n stukkie uit ‘n brief van ‘n Nederlandse keurder. Sy is Riet de Jong-Goossens, en sy het van my ander boeke ook in Nederlands vertaal. Dan moet julle maar self besluit. Ek dink dis baie egoïsties en ekkerig van my om dié brief uit te stal, maar hoe moet ek nou anders maak om vir julle die regte inligting te laat kry?  


Lieve Annelie,

 

Wat een schitterend boek heb je geschreven! Ik heb het in één adem uitgelezen en heb vanochtend onmiddellijk een uitgever gemaild of ze het wil lezen. Ja. Riana heeft de digitale versie naar haar opgestuurd en nu maar bidden dat ze het net zo schitterend vind als ik! Ik wist natuurlijk allang dat je prachtig kunt schrijven, maar dit is werkelijk heel bijzonder. Je hebt me lang geleden, toen, weet je nog? over dat boek verteld. En nu is het er dan. Dat wil zeggen: het komt eraan. Ik wil je eerlijk zeggen dat ik een beetje bang was: zo'n gevoelig onderwerp, hoe pak je dat aan, maar het gewoon niet beter. Sjoe, je bent een groot schrijver. Ik hoop dat ik de krijg het te vertalen.

 

Ik feliciteer je, Annelie en hoop dat het een enorm succes wordt.

 

Ik stuur je heel veel liefs,

Riet

 

As iemand vir ‘n kopié teen die afslagprys wil gaan, moet julle (te goedertrou) R140 op my bankrekening inbetaal. Julle met die internet ook betaal as dit vir julle makliker is. Merk dit asseblief duidelik met jou NAAM en DORP, bv. Gesina Papenfus Putsonderwater. En dan moet jy asseblief dadelik aan my ‘n epos stuur met jou naam en van en volle adres, sodat ek jou kopie pos sodra ek dit ontvang. Gee soveel moontlik detail in die epos, soos bv. as jy die boek vir jou dogter wil koop, gee haar naam en sê van wié dit moet kom, of sê as jy ‘n baie spesifieke boodskap ingeskryf wil hê. Ek sal ontvangs erken van jou epos, dan weet jy darem die wind het nie die besigheid weggewaai nie.  


Dis noodsaaklik dat jy sal sorg dat jou verwysing bygesit is, anders is daar geen manier hoe ek weet wie het ‘n sekere bedrag inbetaal nie. En ek wil niemand uit sy R140 uitdoen nie. Ek gee my bankbesonderhede heel onderaan, maar as iemand nie nou daarvoor wil gaan nie, ignoreer dan net die banksake.


Maar onthou asseblief dat ek eers die kopieë iewers kort ná 20 Junie sal pos, want ek sal dit nie hê voor dan nie. Maar ek hou ‘n baie presies lys van wie moet wat kry, en van álles.


Ek heg ‘n buiteblad aan vir as julle wil sien voor julle besluit. Ek verklein dit, sodat dit nie lank neem om in te kom nie. As dit nie spontaan wil oopmaak nie, kies dan die Internet Explorer-opsie op die dropdown menu, en kliek op okay. Dan behoort dit oop te maak. Om dit te vergroot, kyk iewers op die toolbar aan die bokant is ‘n %-teken. Daar jy dit vergroot na ‘n prentjie wat leesbaar is. Good luck met die tegnologie! 


En wat ook al vorentoe gebeur met Thula-thula, moet julle aan my en Gertruida dink. Want ons twee gaan dit nie maklik hê met al die bontstanery, lofprysinge en dwarsklappe nie. En Gertruida soms dônners moeilik wees. Ek ook.


Awendblessings

Annelie

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
superstar - member
291 posts

Baie dankie vir die moeite, Maankind. Ek was juis vanoggend by Exclusive Books by Tygervallei. Volgens hulle rekords, sal dit eers einde Junie op die rakke wees.

Ek kontak jou per e-pos, hoor.

__________________
'Ek is, die Here hoor my 'n vry fokken vrou' Antjie Krog.
rookie - member
9 posts

Ek is 'n groot aanhanger van Annelie se boeke en werk. Sy is 'n rolmodel vir my en daar is min mense wat Afrikaans kan skryf soos sy. Moeder gaan binnekort vir my Thula-Thula aanstuur hier in die woestyn en ek kan nie wag om dit te lees nie.

superstar - founder
993 posts

Marries, daardie boek gaan jou góói. Hy is uit die derms uit geskryf, en elke enkele mens wat dit gelees het, is tjoepstil vir 'n ruk om dit eers te verteer. En dan breek die wal.

En welkom by Boekemakranka! As ek dit nie mis het nie, behoort daardie gesiggie op die Avataar aan die skrywer van Oos? Indien wel, is dit die "gebruik" om in die braghoekie te gaan staan, en iets daaroor te gaan opsit in die kategorie Haal uit en wys.

__________________
The man who doesn't read good books has no advantage over the man who can't read them. (Mark Twain) Trisa Hugo - trisa@icon.co.za - 0282714874 - 083407027
guest poster

ek sien nie kans om haar boek te lees nie

regular - member
121 posts

Ek is eerlik as ek se ek ook nie.  Ek kan verstaan as jong kinders in dieselfde posisie dit lees en miskien voel dat hulle nou met iemand kan praat oor wat met hulle gebeur (maar die boek het 'n ouderdomsbeperking). Ouer mense wat deur dieselfde ding is?  Sal hulle selfvergifnis kry, indien hulle voel dat hulle iewers skuld gehad het in die scenario? 

En waar kom morbid fascination in die prentjie?

Ek het in my lewe een boek oor Jode in 'n konsentrasiekamp gelees en daar was 'n toneel in wat my met totale afgryse vervul het en vir lank daarna nog by my gespook het.  Ek het gewonder wat ek uit die boek gekry het en wat ek veronderstel was om te kry.  Dit het gebeur, dit het met iemand anders gebeur, daar is niks wat ek daaraan kan doen.  Ek weet dit het gebeur, maar wat staan my nou te doen?  Met ander woorde, wat was die les vir my?  Dieselfde met Thula-Thula; wat is ek veronderstel om uit die boek te neem?  Is ek veronderstel om mense en hul motivering beter te verstaan?  Wat doen ek dan daarmee? Sal dit my meer menslik maak? En, sal dit my nie moontlik paranoies maak nie?  Sal die negatiewe nie die positiewe oorheers nie?

Hierdie is eerlike vrae en ek hoor graag julle opinies.

rookie - member
9 posts

Haai maankind.

Sjoe, as daar nou nog iets is wat ek mee lank stoei is dit die 'brag' ding, maar ja, ek is die skrywer van OOS. (Hoe ironies is dit dat dit rym met bloos?)  Ha ha.

Nadia, kom ek vertel jou van Annelie se boeke en hoekom ek van dit hou. Van die bekendste skrywers is diegene wat die wit waks uit jou uit skok en vir jou laat met slapelose nagte. Ek dink sommer dadelik aan The Kite Runner hierso. En alhoewel daardie vir my een van die mooiste stories was, het ek na die tyd gevoel - what did I gain from this? Het dit my 'n beter persoon gemaak? Gaan ek nou volgende Afghanistan toe vlieg en sulke kinders help? Glad nie.  Ek was geskok en dit was dit.

Maar Annelie werk anders met my. Ek voel hoe sy uit haar derms skryf. Alhoewel ek nie in 'n Raaiselkind situasie is nie, voel ek die absolute eerlikheid waarmee sy skryf. Dit voel soos 'n ui wat oop en bloot lê, rou en afgeskil. En Annelie se finale mikpunt is nie net om te skok nie, maar om 'n storie te vertel. Sy los jou broos, maar gooi genoeg lewenslyn in waarmee jy jouself kan red na die tyd. Sy laat jou besef dat menswees gepaard gaan met 'n wrede streep wat eintlik in soveel van ons dormant lê en net wag om na bo te keer.

Sjoe, ek weet nie of ek enigsins sin maak nie. Maar dit is hoekom ek haar boeke keer na keer optel. Ek skryf weer nadat ek die boek gelees het.  :)

regular - member
121 posts

Dankie, Marries.  Weer; wat maak ek met die besef dat ek 'n wrede streep het wat dormant le en wag om na bo te keer?  Ag hemel, ek hoop nie ek gaan soos 'n plaat wat vasgehaak het begin klink nie.

regular - member
121 posts

O, en geluk met OOS!  Ek sal dit lees as jy my belowe dat jy my nie uit my sokkies gaan skok nie  :)  Grap net.

rookie - member
9 posts

Nadia:  Ek belowe jy sal nie geskok wees met OOS nie.  Haha. As jy ooit ver van familie af moes bly or iemand het wat ver bly, dan gaan jy die boek geniet. Veral met Taiwan wat die laaste tyd so in die nuus was oor Tifoon Morakot, dit alles is daar.

En wat maak jy deur te weet jy't 'n dormante wrede streep? Jy maak seker dat jy nooit in 'n situasie is waar daai streep na vore keer nie. Want dan skryf ons een van die dae oor jou!  Haha.

regular - member
121 posts

O, ek het iemand wat ver bly!  My enigste kind en enigste kleinkind bly in Skotland.  Ai. 
Ek sal probeer ag slaan op jou raad oor die dormante wrede streep, maar dit sal beteken dat ek Joburg verkeer moet vermy, nooit iemand moet sien gemors rondstrooi nie, nooit .... by .... raakloop nie,  nooit .... wanneer iemand anders .... nie.  Ha!  Lekker leesnaweek.  Ek is besig om Life of Pi te herlees en geniet elke oomblik daarvan.  Volgende is weer The Book Thief.

Terloops, hier is ietsie om aan te herkou.  Ek lees in 'n Life of Pi-resensie die volgende raak:  

"... I just enjoyed the book, didn’t notice the writing (good writing is (according to the fiction writing courses) transparent) ..."

regular - member
121 posts

Nadia - wat sien ek hier van 'n dormante wrede streep :) :) Ek wonder nou wat was die raad? Sal soek na die inskrywing. Miskien moet jy die dormante wrede streep skryf! Ja! Mens kan ENIGIETS in boeke doen - alles en almal wees - en dis net 'n storie ... :)

Dis abie mooi van die transparent. Jaaa. Dink ook so. Die taalgebruik moet nie in die pad van die storie staan nie!


__________________
Elke mens se lewe is 'n storie.
regular - member
121 posts

Marries - dit klink na 'n heerlike boek! Coool,


__________________
Elke mens se lewe is 'n storie.
regular - member
148 posts


Ek lees op die oomblik 'n boek waar die taalgebruik so briljant is dat jy jou verwonder daaraan net om weer verbaas te kyk hoe die storie skielik verander. Dis stories in Oblivion van David Foster Wallace en die taalgebruik is deurgaans amper soos 'n ekstra karakter. Baie bevredigend maar harde werk om te lees.

regular - member
121 posts

Nadia - in my ervaring het dormante goeters 'n aaklige manier om te voorskyn te wil kom :) Hulle beur om uit te kom ... ek beveel beslis skryf aan, veral vir jou. Maak een NARE karakter en gee hom/haar ALLES van daai wrede strepe ...

__________________
Elke mens se lewe is 'n storie.
regular - member
121 posts

Stephni - dit klink nou weer OOK interessant - daar is ook wraggies triljoene maniere om 'n boek te skryf - solank die leser net so 'n cool afleiding kan maak soos jy maak  dat die taalgebruik soos nog 'n karakter is!

__________________
Elke mens se lewe is 'n storie.
regular - member
121 posts

Marries - Wrede streep - oooo hier begin die wrede streep! ") Joe - jy het die ervaring van die boek baie mooi beskryf - skrywer kan baie goed voel! Jou Oos en die verloop van jou lewe sover klink bepaald interessant en coool!

__________________
Elke mens se lewe is 'n storie.
regular - member
121 posts

Nadia - ek het nie antwoorde nie - ek weet net party boeke is sooo grim dat ek nie kan lees nie, of verder lees nie. Ek het Angela's ashes neergesit na die, ek dink, 3 e baba dood is. Phew. DIS te erg. Ek wil ook nie in 'n boek lees wat ek in die koerant lees nie, en tog is dit waaroor stories gaan - oor mens goete. Tot en met die 3 e baba wat ek neergesit het, was daar geen sprankie van iets hoopvol nie. Dit was net GRIM. Ek weet nie van hierdie boek nie - maar eintlik wil ek nie boek lees oor molestering ens ens nie. Nie as ek weeet dit gaan daaroor nie. Ek wil mens boeke lees wat meestal maar grim goete in het - dis maar menslike gedrag, ek is bevrees - maar ek wil mensstories lees. Ek sal ook nie ;n boek lees oor byvoorbeeld dwelms nie - as dit gebroadcast word as 'n boek oor dwelms. Ek soek iets wyer, wat dalk waarskynlik in die boek is, soos Marries getuig het, maar sjoe. Ek weet nie.


__________________
Elke mens se lewe is 'n storie.
Page 1 · 2
posts 1–20 of 21 newer >

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now