Ek is seker ek het hier iewers al gesien dat iemand oor hierdie boek praat, maar nou sien ek dit nêrens nie. Dalk is dit in 'n bespreking onder 'n ander opskrif.
Nietemin, ek het 'n stapel boeke gehad om te lees en is nou besig met Snow Flower. Wat 'n heerlike boek! Van die eerste paragraaf af, lees dit eenvoudig vloeiend en heerlik. Dit handel oor die tydperk toe Chinese vrouens se voete, met die oog op 'n goeie huwelik, vasgebind was. Behalwe daarvoor, is daar ook baie in van die kultuur en tradisies van daardie tyd wat so mooi vertel word. Werklik 'n juweel van 'n boek, amper asof 'n mens wil hê dat dit nie moet opraak nie.
Ek sal later weer kom vertel.
Ek sien daar is wel 'n bespreking oor die boek onder 'Boekbesprekings'. Moontlik sal Maankind dit kan skuif?
Vir nou is dit sommer in die regte kategorie. Is dit nie die mees ongelooflike boek nie? Ek is bly jy geniet dit. Ek het die boek verskriklik emosioneel ervaar.
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member