Ek dink ek het dit al êrens gesê, maar ek dink Erika Murray-Theron is die mees onderskatte skrywer in Suid-Afrika. Sy kry pryse ja, en daar word oor haar geskryf, maar sy behoort baie meer erkenning te kry sodat meer mense die plesier van haar boeke kan kry.
Ek het haar Tapiserrie met klein diere gekry om saam op vakansie te neem volgende week, en wou net loer hoe dit begin. Nodeloos om te sê, het ek gelees tot 'n uur verby slaaptyd, en gaan waarskynlik vandag die boek klaarmaak. Sy skryf net in 'n styl van haar eie. Elke boek van haar wat uitkom dink ek - hier is die beste, en dan skryf sy weer een.
Geen wonder sy het ook die Sanlam/Insigprys vir die boek gekry verlede jaar nie!
Bestel die boek hier en lees self.
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member