Ek weet heeltemal te min van ons Suid-Afrikaanse poësie. Iewers verlede jaar het ek my voorgeneem om meer te lees van plaaslike skrywers wat in Engels skryf, en meer te leer van hedendaagse Afrikaanse poësie.
In die proses het ek wonderlike skrywers ontdek, o.a. Bridget McNulty en David Lambkin. Maar ek staan steeds te min tyd af aan Afrikaanse poësie. Ek weet ook nie regtig waar om te begin nie. Ek wil ook nie bundels koop wat ek nie seker is dat ek dit gaan geniet nie, maar wat gebeur klokslag as jy die vraag vra? Die antwoord beland in jou posbus!
Gaan kyk asseblief na hierdie webwerf van Versindaba. Hier gaan ek nog baie tyd deurbring. Dink ek.
Ek het Wayne Visser ontdek... hy bly hier in Engeland en skryf slegs in Engels, alhoewel hy Afrikaans ken, ek weet nie hoe goed sy Afrikaans is nie. Gaan loer in by: waynevisser.com
Ek het een van sy gedigte vertaal - op my blog - toe vra hy my om 'n tweede te vertaal. Ek dink jy sal hou van sy gedigte
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member