Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
50 views

Norrevok deur Johann Bakkes

Page 1
posts 1–1 of 1
rookie - member
6 posts

My eerste kennismaking met Bakkes. Kan nie sê dat ek nie gewaarsku was teen sy taalgebruik nie!
'n Anderste soort van reisverhaal. Die man reis op ver plekke en nêrens maar nêrens gee hy 'n beskrywing van enige van die plekke wat hy besoek nie, behalwe die Kgalagadi so hier en daar.
Die reise is deur die menslike landskap, uitstekend beskryf deur sy belewenis van en interaksie met die mense weg van die normale toeriste uithang plekke. Johan is beslis nie van die ek-was-daar, ek-het-die-T-hemp brigade nie. Hy bemoei hom met die man op straat en verlekker hom in die van aangesig tot aangesig ontmoeting met 'n vreemde kultuur. Sy vertellings is intens, humoristies en met 'n deurwinterde insig in die menslike psige, mooi verdoesel onder soms onnodige kru taal. Maar miskien sal dit gesoute Klippies en Coke rugby ondersteuners weer boeke laat lees!
Die eerste 100 bladsye van die boek is boeiend genoeg om jou te maak die boek in een sessie te probeer deurlees. Die laaste 37 bladsye voel asof dit saamgeflans is om die boek vol te maak.
'n Goeie boek om mee rustig te ontspan. Dalk nie vir Sondagskool onderwysers bedoel nie.

Page 1
posts 1–1 of 1

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now