Goeie dag aan al die getroue lede van Boekemakranka, asook 'n baie hartlike welkom aan al die nuwes.
Dit is nou al 'n rukkie wat die nuusbriewe en privaat boodskappe weens die opgraderings aan die stelsel nie kon uitgaan nie. Ek het pas die goeie nuus van Lefora gekry dat hulle nuwe 'Mail Server' nou op die lug is, en dat kommunikasie weer moontlik is deur middel van 'n nuusbrief aan lede.
Soos in die verlede, sal julle nie oorval word met onnodige nuusbriewe nie, maar dit is tog nuttig wanneer daar iets opwindends of interessant gebeur in die boekewêreld. Nie dat boeke op sigself nie alreeds opwindend en interessant is nie, nè? Met die winter op hande, kan ek net sien hoe ons almal meer gaan lees. Kom vertel ons asseblief daarvan. Wat lees jy nou, waarvan het jy absoluut niks gehou nie, en hoekom het daardie ander boek jou so aangegryp.
Kom gesels saam, oor die wonderwêreld van boeke!
Groetnis op hierdie lieflike herfsdag!
Trisa Hugo
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member