Wie van julle het al hierdie boek gelees? Ons moet dit lees vir ons volgende Leeskring bespreking. Ek het nogal baie wisselende opinies gehad soos wat ek gelees het. Ek herkou nog so bietjie voordat ek my opinie sal gee.
WIe van julle het dit gelees? En?
ek is innig lief vir ingrid winterbach en sommer vir lettie viljoen ook, ek gaan defnitief eendag die toeval boek lees... nou is my konsentternasie opgefok, maar ek sal dar kom
Waterval, ek het snaaks genoeg meer van haar skryfwerk as Lettie Viljoen gehou. Miskien omdat dit haar eerste werke was. Of omdat ek meer van die stories in daardie boeke gehou het. Of dit was 'toegankliker' geskryf, ek weet nie.
Maar kyk, 'n meester bly 'n meester.
Hi Maankind, ek het dit gelees en het baie daarvan gehou. Ek het fantastiese idees en drome gehad toe ek dit gelees het en is spyt ek het nie nota's daarvan gemaak nie. Ek sal dit graag weer lees en ek dink dis my gunsteling van haar. Dis was vir my 'n boek van verwondering en daarom het die gebrek aan sterk/spannende storielyn my nie gepla nie. Dit sal baie interessant wees om te hoor hoe julle leeskring dit ervaar het.
Ek is self baie nuuskierig - Dis altyd lekker om so lewendig met 30 verskillende opinies te doen te kry. As jy lid is van Boek-Insig, daar was 'n interessante bespreking op die webwerf.
Op my blog is ook 'n lekker bespreking hieroor.
Anita, ek sien uit na jou reaksie! (Maar tik dit asseblief in die wit blok hieronder, en kliek dan op Submit Reply, pleks van 'n nuwe topic begin. Sodat alles hier bymekaar bly.)
Ons leeskring het die boek 'n jaar of wat bespreek. Ek het ietwat ambivalente gevoelens oor die boek. Daar is dele waarvan ek gehou het en daar is dele waar dit my geïrriteer het. Ek het dit na die bespreking weer probeer lees, maar het dit na 'n paar hoofstukke gelos.
Ek dink dit is goed geskryf en haar gebruik van simbole en metafore ens was goed, maar ek sukkel met haar skryfstyl. Dit is miskien maar net 'n geval van dat haar skryftrant my nie "vasvang" (by gebrek aan 'n beter woord) nie. Ek het dieselfde probleem met Marlene van Niekerk en Etienne van Heerden.
Ek doen more aand 'n huldeblyk aan Hennie Aucamp by ons leeskring (vir sy 75e verjaardag). Het baie gesukkel om te besluit wat om te doen. Toe tref 'n gelukkie. Ek kry 'n klompie ou Tydskrifte vir letterkunde present en daar in die uitgawe van 2 Mei 1988 is 'n praatjie wat hy in 1987 in Welkom voor leeskringe en biblioteekaresses gelewer het met die titel, Wat bly, is die boek. So ek gaan dit voorlees. Wie beter om oor boeke te praat as een van die meesters van die boek.
Maankind sms vir my jou posadres - ek het dit gefotostateer en wil dit vir jou pos sodat jy dit hier op Boekemaktranka kan sit - ek het nie 'n clue hoe om dit te doen nie, maar ek dink dit is iets wat almal behoort te lees.
Jelleke Wierenga het gistermiddag die skrywersburo kom toespreek oor gedigte, hoe om dit te lees, te skryf ens ens. Wat een lekker middag. Kan nie wag vir haar versbundel nie. Die titel is Bloot Mens en verskyn so teen Junie by Protea.Ek dink dit is beslis die moeite werd. Sy tree in September by vanjaar se Versindaba te Stellenbosch op.
Een van die groep het gister vertel oor die boek getiteld The Reader (kan nie nou die skrywer onthou nie) - maar dis die boek van die rolprent waarvoor Kate Winslet die Oscar gekry het. Fran raak liries daaroor, so ek kan nie wag om dit in die hande te kry nie - net jammer ek is so dem ver van boekwinkels af. Laat weet as iemand dit al gelees het.
Het die onderhoud met PG in gister se BY baie geniet. Hy was eens op 'n tyd my baas by die koerant - ek moet 'n slag 'n plan maak om hom te sien as hy weer in die geweste is. Hy bly tops.
Lekke week vir amal
Anita, bestel The Reader by kalahari.net. Die skrywer is Bernhard Schlink. Ek het nou die dag die fliek gesien. WOW!
Het vir Amanda Botha by die fliek raakgeloop en sy sê sy was bang om die fliek te kom kyk omdat die boek so ongelooflik was. Volgens haar doen die fliek geen afbreuk aan die boek nie. Min dat dit gebeur, nè?
Ek is bly jy sê so, Marinda. Ek vertrou ook Amanda se oordeel daaroor. Ek is doodbang om die fliek te kyk, omdat die boek vir my so vreeslik spesiaal was.
Anita, as jy dit wil bestel, gebruik asseblief hierdie skakel, ek is mos 'n Affiliate Member by Kalahari, en kry 'n (baie klein) kommissie op boeke wat van die skakel regs by Skakels, of direkte skakels wat ek opsit, bestel word. Dit help so bietjie om hierdie forum te onderhou..
En stuur ASSEBLIEF vir my daardie fotostate, ek sal dit inscan, en wel op 'n manier hier opkry.
Tweede Straat 11, Kleinmond, 7195 is my posadres.
Dankie vir die inligting oor The Reader. Sodra ek weer geld op my kredietkaart het sal ek dit via Kalahari bestel.
Maankind, die Artikel van Hennie Aucamp is vanoggend gepos - so jy behoort dit voor die einde van die week te hê.
Hier is een van sy gediggies wat ek vanaand gaan voorlees
Digteres
Sy dra, soos roesbruin blare,
òù woorde in haar voorskoot weg,
en ryg hul vas met spinnedrade
tot weer 'n vers homself ontheg
Hennie Aucamp uit Vlamsalamander
Mooi Nè
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member