Wat hier volg is 'n droë opsomming van watter soort stories daar moontlik kan wees. Maar die lewe self explode in ontelbare stories elke dag - elke oomblik - êrens, orals. Amazing al die "stories" hier. Hier is ons. Nog 'n dag ...
Persoonlike stories is die lewensstories van mense wat
werklik leef of geleef het. Persoonlike stories kan dalk betekenisvol
wees vir jou en vir die mense wat direk of indirek met jou kontak het
of gehad het of vir mense wat kan identifiseer met jou lewensstorie of
dit insiggewend of interessant vind. (biografieë)
Universele stories is die stories van fiktiewe mense of
fantasie karakters. Universele stories kan dalk betekenisvol wees vir
‘n wyer groep mense, wat onbekend is aan die skepper van die storie.
Daar is soveel universele stories as wat daar karakters is, waaraan die
mens se verbeelding gestalte kan gee.
Post-modernistiese stories verwyder bogenoemde skeidslyn
tussen persoonlike en universele stories. Post-modernistiese stories
kan dus, onder andere, die stories van werklike mense in fiktiewe
omstandighede vertel, of die stories van werklike en fiktiewe mense
vermeng om bykomende moontlikhede te skep. Post-modernistiese stories
kan ook reeds bestaande stories herskep of hersirkuleer.
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member