Ek is lus en begin huil van hartseer, woede en wat ook al. Hel, waar gaan ons nou inligting oor boeke en skrywers kry.
En dat Huisgenoot 'n boekeblad kry???? Dis is voorwaar 'n onthulling!!! Ek boikot Huisgenoot nou al vir meer as 'n jaar omdat hulle net sleeze publiseer en mense se lewens daardeur vernietig - en nou gaan boeke-insig daarin opgeneem word.
Ek was op die punt om Rapport om dieselfde rede te boikot, maar ek sal dit seker maar moet aanhou koop as ek iets oor boeke gelees wil kry.
Dis 'n bleddie ramp! Hoekom kan tydskrifte oor boeke en skrywers nooit 'n bestaan maak in die land nie? Hel in Engeland en Amerika het hulle tydskrifte met boeknuus, resensies en skrywers wat bykans 'n eeu lank reeds bestaan. Dit sê nie juis veel vir die belangstelling van Afrikaanse mense in hulle taal nie. Waar is al daardie hooggeleerdes, akademici, taalfundi's ens ens ens wat so gereeld in die pers kerm dat Afrikaans aan die verdwyn is?
Ek is sommer lus en gooi goeters stukkend teen die muur
Naskrif: Wat het van Abrham geword????????
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member