Beste gewaardeerde Boeke-Insig
lid
Baie dankie vir jou ondersteuning
van Boeke-Insig, die tydskrif en die Boektafels, die afgelope paar kwartale.
Ongelukkig gaan die tydskrif nie voortbestaan in sy huidige formaat nie, maar
word dit voortaan geïnkorporeer in die uitgebreide boekeblaaie van ons koerant-
en tydskrif-kollegas, onderskeidelik Rapport en Huisgenoot.
Ongelukkig was die Herfs 2009
uitgawe van Boeke-Insig ons laaste. Daar sal dus nie ’n volgende uitgawe van
Boeke-Insig in sy huidige formaat verskyn nie.
Die Boeke-Insig kantoor sal
binnekort per pos met jou in verbinding wees met amptelike kennisgewings, en om
te reël vir die terugbetaling van alle verskuldigde geld óf dat jou intekening
vir ’n ander Media24 tydskrif verruil word.
Ons glo dat boekenuus en stories om
boeke en skrywers eersdaags net soveel en nog meer aandag sal
geniet.
Sterkte en beste wense en lekker
lees!

Irna van
Zyl
Redakteur
Ek het ook een van hierdie onheilsbriewe gekry. Dis baie slegte nuus, ek's lus en huil. Ek hoop net al die Insig en Boeke-Insig artikels oor boeke bly behoue êrens op die Internet.
En van alle dinge dat dit voortaan in Rapport en Huisgenoot se boeke-blaaie sal bly voortbestaan! Ag, nee!!
Ek wonder wat die rede vir hierdie skielike besluit is. Wat gaan Ruda nou doen, want sy gaan vir seker nie net stilsit nie.
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member