Lefora Free Forum
Join now
Hier gesels ons in Afrikaans oor skrywers en boeke. So maklik en so lekker soos dit!
76 views

Die Nuwe Kinderverseboek

Page 1
posts 1–1 of 1
regular - member
118 posts

Wie van julle het al die Nuwe Kinderverseboek raakgeloop? Wat dink julle daarvan? Dis onlangs bekendgestel en is nou in boekwinkels beskikbaar. Die samestellers is Riana Scheepers en Suzette Kotze-Myburgh. Drie verskillende kunstenaars het die oulike tekeninge gemaak.

My nederige bydrae (daar is omtrent 100 bydraers) maak my seker bevooroordeeld oor hoe goed en oulik die boek is, maar my kleinkinders het darem ook daaroor ge-oe en ge-a.

Die formaat is nogal groot en die groot font maak dit maklik leesbaar. Op elke bladsy is daar 'n tekening ter illustrasie van 'n versie.

Ek het dit nou nie by my nie, maar gaan kyk gerus daarna. Dis hoog tyd dat daar weer 'n nuwe verseboek in Afrikaans verskyn. Die versies is baie byderwets en ek is seker kinders tot so 12/13 jaar oud sal dit baie geniet.

Dinsdagaand, 7 April, word daar weer by die KKNK 'n opheffie daarvan gemaak en volgens die program lyk dit asof  André P. Brink ook daar gaan wees.

En ek! 

__________________
Annemari
Page 1
posts 1–1 of 1

This Topic Is Locked To Guest Posts

It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member

join now