(Ek dink dis Mark Twain wat dit gesê het.)
Mens kry stories wat gebaseer is op die werklikheid en die skrywer sê dit ook. In sulke stories sal niemand waarskynlik dink 'n karakter is over the top, ongeloofbaar snaaks nie. Want ons ken (en lees) dikwels van sulke uitspattige mense.
Die probleem is wanneer jy sulke soort mense as karakters in 'n fiktiewe storie sit, mense dit dalk ongeloofbaar sal vind.
Hoekom?
In die lewe self beleef ons vreemde dinge. Maar wanneer jy 'n storie lees wat veronderstel is om fiktief te wees, "lieg" die skrywer mos ... :) :) Want hy/sy dis hier vir jou 'n storie op wat nie waar is nie en jy weet mos jy sit 'n boek en lees. Nou moet daai "liegstorie" oortuigend wees om jou leser uit sy stoel of op sy bed te verplaas na die plek en die kop en die harte van die karakters in die storie. Ek dink dis P.G. wat gesê het skrywers lieg vir 'n lewe!
Dus - as jy 'n uitspattige karakter (wat NES die een is wat jy in die werklike lewe ken) in 'n fiktiewe storie sit, sal jy hom/haar op 'n manier moet oortuigend maak. Die karakter sal dalk êrens vandaan kom, iets probeer wegsteek, eensaam wees ... ens. Nie dat jy die "motivering" moet uitspel nie - juis nie - jy moet show don't tell - want die leser lees die storie - hy beleef dit nie eerstehands nie. En as jy dit "regkry" om die leser eerstehands 'n storie te laat beleef, is dit 'n donnerse goeie storie!
Voorbeeld: In my roman word die een karakter een oggend smoorkwaad wakker en wat dan daarop volg. Iemand wat my goed ken, lees toe die manuskrip (van sy eerste drafts) en sê dis nie oortuigend dat sy sommer so kwaad sal wakker word nie - ek moet in die vorige aand se paragraaf 'n aanduiding (leidraad) gee dat alles nie wel is met haar nie ens ens. MAAAR smile die persoon - sy weet EK (MP)word PRESIES net so smoorkwaad soms wakker - sonder enige vorige tekens, maar dit werk nie so in die boek nie. Hie Hie. So ek is 'n onoortuigende karakter? :)
Ek is oortuig daarvan - ek dink ek kan dit bewys - dat storiekarakters tussen ons bly net 'n in 'n storiedimensie. En die skrywer kry soms 'n weggesteekte bruggie in daai dimensie in. Maar in die storie-dimensie geld ander "reëls" - en jy moet skryf volgens daai reëls" anders "werk" jou storie nie in die werklike lewe as jy dit weer oor die bruggie wil terugsmokkel uit die storie-dimensie nie :) :) En van daai "reëls" is byvoorbeeld dat alles in 'n storie op 'n manier deel van die storie moet wees en moet sin maak en bla bla. Dis daai deux ex machina ding - jy kan nie sommer net die probleem/situasie "oplos" as skrywer net omdat jy die skrywer is nie .
(Gesprek tussen Martie en Maankind hieroor)
| Vir my is die definisie van 'n storie wat 'werk' altyd as ek die skrywer self in sy karakters soek. |
Nou
weer met die Nagtegale se boek het ek hárd met myself moes praat om die
karakters van die regtige ma en dogter te skei. Dis dan wat ek weet dit
werk.
|
Ek meen, 'n karakter is vir my oortuigend as ek die hele tyd wonder hoe
is die karakter se optrede van toepassing op 'n aspek van die skrywer
se lewe. |
Meestal het dit niks te doen nie, en dis goed en reg, ek weet mos karakters is hulle eie mense. Maar as ek so begin wonder, dis elke keer wat ek agterkom, hierdie storie werk vir my.
|
Ooo Okay. My genade. Dis baie interessant. Ek het nog nooit so daaraan
gedink nie. |
|
Nou het jy waarskynlik die verskyning van my roman met 'n paar jaar
uitgestel :) :) Maggies. Ek het geen idee of die sterretekens enigiets
van waarde in het nie, maar hierdie skerpioen gaan nou weer mik vir
onder die klip. Los my uit! :) :) Ek terg sommer, Trisa. Okayyy. Ek
moet nou eers hieraan herkou. |
|
Maar ooo sheesh - onthou ek nou net - jy het 'n draft reeds gelees (en
wonderlike input gegee) :) .... |
Ek weet lesers doen dit - maar ek het nie gedink hulle doen dit as maatstaf van hoe goed die boek is nie. Dis 'n baie interessante ander dimensie dus wat jy uit lees kry.
| Maar dis maar net my opinie. Ek wonder heeltyd hoekom werk een boek vir my, en 'n ander nie. |
Miskien voed dit die voyeur in my?
| Nee o hel, Martie, nie 'n maatstaf van hoe goed nie, hoe dit vir MY werk, hoe EK aanklank vind. |
Want - hier is een van my geheime. Ek dink ek vind soms aanklank by die skrywer se siel, sonder dat ons mekaar ooit ontmoet het, en dan soek ek die konneksie in die karakters.
En jou storie se eerste rowwe draft het al vir my gewerk!
As mens die skrywer nie ken nie, is dit waarskynlik soos MaanKind se: dat mens aanklank vind by die skrywer se siel. Ahaa!! Sy dink ook so. You know then!!
Maar as die skrywer aan my bekend is, is ek ook geneig om wonder hoekom sy/hy juis daardie toneel gebruik. Die karakters se optrede openbaar tog iets van die skrywer, al is dit in die sin van: Sjeesh, ek het nie geweet sy dink sulke goed of weet van daardie dinge nie. Al weet mens dat dit meestal verbeeldingsvlugte is. Hoekom gryp juis daardie ding die skrywer aan die hart?
En as ek nie so oud was voor ek begin skryf het nie, het ek ook onder 'n klip ingeklim en daar geskuil, Martie! Maar op 'n manier is dit nou heeltemal te laat om my oor sulke goed te bekommer. Ek ploeter maar voort.
(Ek chip nou in in uitgelese geselskap. Byvoorbaat verskoning. Ek is die spreekwoordelike "wannabe groupie":))
Vir my le die genieting (en nie noodwendig sukses nie - ek dink die bespreking rondom Thief bewys dit - die boek is allerwee beskou as 'n sukses hoewel somiges van ons dit nie deel nie) van 'n boek tog daarin dat ek meegesleur word/identifiseer vanuit my perpektiewe deur die wel en wee van die karakters en gebeure. Vir my is 'n boek tog ook maar soos 'n film of teater. Dit is 'n slice of life - elke boek omskryf tog nie die ganse mensdom nie, maar wel 'n situasie van 'n karakter op 'n gegewe tydstip en 'n skrywer begin tog (en pas toe in die manuskrip) vanuit sy/haar perspektiewe en waarnemings?
Nee a, Cerneels! Ek vee sommer hierdie inskrywing uit. Wat op aarde doen ons verkeerd dat 'n lid voel hy kan nie op gelyke voet met elke ander lid gesels nie?? Al is dit tong in die kies...
Party lede van Lefora is skrywers, ander is onderwysers, ander is huisvrouens, ander is sommer al drie, maar hier is niemand 'uitgelese' geselskap nie. Ons gesels almal saam oor skrywers en boeke.
Dankie vir jou lekker bydraes! Ek het terloops weer gewonder watter bekende skrywer is jy?
Gie gie! Skel jy nou vir my! Nee wat, julle doen niks verkeerd - is maar daardie ingebore, (durf ek) Calvinistiese onderdanigheid wat my byvoorbaat omverskoning laat vra omdat ek in die "groot mense se geselskap" inchip. Trouens, geniet Boekemakranka baie - duime na bo vir jou (volgehoue) inisiatief.
Sover dit die bekende skrywer aangaan - het jy my e-pos gekry wat ek gestuur het?
This Topic Is Locked To Guest Posts
It's been a while since this topic was active, if you'd like to get it going again, please post as a registered member
31 Mar 2009, 19:01:42